Europese tortelduif

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Europese Tortelduif
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Columbiformes
Familie: Columbidae
Genus: Streptopelia
Spesie: S. turtur
Binomiale naam
Streptopelia turtur
(Linnaeus, 1758)
Eier van 'n Europese tortelduif

Die Europese tortelduif (Streptopelia turtur) is 'n lid van die voëlfamilie Columbidae. Die voël is nog net vyf keer opgeteken in Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Dit is 'n trekvoëlspesie met 'n suiderlike Palearktiese leefarea, insluitend Turkye en Noord-Afrika, alhoewel dit skaars is in noordelike Skandinawië en Rusland. Hierdie tortelduiwe oorwinter in Suidelike Afrika.

In Europa het die getalle van die tortelduif baie afgeneem, omrede verandering in landboumetodes die voël se voeding bedreig. Op die trekroetes oor Malta en Siprus word hulle ook gejag en geëet. In 2016 maak die Maltese regering bekend dat in Malta 5 000 voëls geskiet mag word, wat tot protes uit ander lidstate van die Europese Unie lei.[1]

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die duif is groter as die rooiborsduifie. Dit is 26 tot 28 cm lank en weeg 110 tot 180 gram. Die duif is goed gekleur met 'n kenmerkende swart-en-wit nekvlek. Die vlerkdekvere het donker middelste dele wat teen die breë kastaiingbruin rande afsteek. Tydens die vlug het die buitestert breë wit punte. Die jong duif het nie 'n nekvlek nie.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]