Eurowings

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Eurowings
Neues Eurowingslogo.jpg
IATA
EW
ICAO
EWG
Roepsein
EUROWINGS
Gestig 1993
Bedryfsbasisse Lughawe Düsseldorf, Lughawe Hamburg, Lughawe Wene-Schwechat
Vlootgrootte 29 (+16 bestellings)
Bestemmings Duitsland en Europa
Houermaatskappy Lufthansa Groep
Hoofkantoor Düsseldorf, Duitsland
Sleutelpersone Jochen Wallisch
Thomas Lindner
Omset 171 miljoen € (2010)
Werknemers 838
Webtuiste eurowings.com

Eurowings is 'n Duitse lugredery en dogteronderneming van Lufthansa wat sy hoofkwartier in Düsseldorf het. Naas die lughawe in Düsseldorf dien ook Hamburg en Wene (vanaf 2015) as spilpunte. Eurowings het oorspronklik veral vlugte namens Germanwings onderneem, maar sedert die najaar van 2015 word Germanwings deur Eurowings bestuur. So vlieg Germanwings tans in opdrag van Eurowings.

As laekostelugredery bied Eurowings veral vlugte na oorsese vakansiebestemmings aan, waaronder Varadero in Kuba, Bangkok en Phuket in Thailand en Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate.[1] Eurowings se langafstandvlugte word met Airbus A330-200-stralers onderneem vanaf die lughawe Keulen-Bonn.

Verwysings[wysig | wysig bron]