Fjölnir
Voorkoms
Fjölnir | |
---|---|
Legendariese koning van Swede | |
Voorganger | Yngvi-Frey |
Opvolger | Sveigder |
Koningshuis | Huis van Yngling |
Vader | Yngvi-Frey |
Kinders | Sveigder |
Sterfteplek | Lejre, Roskilde, Seeland, Denemarke Verdrink in 'n vat heuningbier |
Fjölnir (Oudnoors: Fjǫlnir) is 'n legendariese koning van Swede in die Noorse mitologie wat glo die seun van Freyr (Frey) en sy metgesel, Gerder, was.[1] Die naam word op baie maniere gespel, onder meer Fiolnir, Fjölner, Fjolner en Fjolne. Hy was na bewering die stigter van die Sweedse Yngling-dinastie en het uit Gamla Uppsala regeer. Volgens die Grottasöngr het Fjölnir van die 1ste eeu v.C. tot die 1ste eeu n.C. gelewe.
Fjölnir het glo in 'n vat heuningbier verdrink terwyl hy 'n ander legendariese koning, Peace-Fróði van Seeland ('n Deense eiland), besoek het. Sy verhaal word in die Grottasöngr en die Ynglinga saga vertel. Fjölnir is deur sy seun Sveigder opgevolg.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Orchard, Andy (1997). Dictionary of Norse Myth and Legend. Cassell. ISBN 978-0-304-34520-5.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Voorganger ← Yngvi-Frey |
Legendariese Sweedse konings | Opvolger Sveigder → |