Francois van Coke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Francois van Coke
Francois van coke-1442558278.jpg
GeboortenaamFrancois Badenhorst
Geboorte18 September 1980 (1980-09-18) (38 jaar oud)
Brakpan
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer
Instrument(e)Kitaar
Aktiewe jare2003–huidig
AssosiasiesAS180[1]
A Guy Called Gerald
New World Inside
Fokofpolisiekar
Van Coke Kartel
Karen Zoid
Portal.svg Musiekportaal

Francois Badenhorst (*18 September 1980; Brakpan, Transvaal), is ’n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en stigterslid van die Suid-Afrikaanse alternatiewe rockgroepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. In 2016 het Van Coke sy debuutsolo-album vrygestel.

Van Coke het in Bellville, Wes-Kaap grootgeword. Daar het hy onder andere deelgeneem in die hoërskole se battle of the bands -kompetisies waar hy opgetree het as voorsanger. Van Coke se sterk Christelike opvoeding (sy pa was ’n dominee) het hom gelei tot die totstandkoming van die Christelike musiekgroep AS180. Van Coke het homself in die Bellville se ondergrondse musiekbedryf gevestig met die stigting van die groep “A Guy Called Gerald”. Hierdie groep het later hul naam verander na “New World Inside” wat ’n sterk pop-punk-invloed gehad het. In 2003, met die stigting van die bandgroep Fokofpolisiekar behaal Van Coke landswye bekendheid en herdoop homself na “Francois van Coke”. Die groep is aanvanklik begin as ’n grap om die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap te skok. Van Coke herinner hom dat sy “… ma het gehuil vir ’n dag of twee toe sy die naam van die groep gehoor het”.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) Flowerday, Wayde. “Onderhoud: Francois van Coke”. URL besoek op 16 Julie 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]