Gammastraling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Gammastraal)
Spring na: navigasie, soek
Alfastrale (boonste figuur) word deur 'n vel papier gestop. Vir betastrale is iets dikker nodig (byvoorbeeld plex-glas), maar gammastrale kan deur veel dikker materiale dring.
'n Gammastraal ontsnap uit 'n atoomkern

Gammastrale (simbool: γ) is een van die drie belangrikste vorme van radioaktiwiteit. Dit is —anders as alfa- of betastralingelektromagnetiese golwe met baie hoë vlakke van energie en 'n hoë frekwensie. Gammastrale kan met X-strale vergelyk word, behalwe dat hulle korter golflengtes besit.

Gammastrale is 'n risiko vir die mens se gesondheid, ongeag of dit binne of buite die liggaam verkeer. Gammastrale kan groot afstande in lug aflê. Dit is uiters deurdringend en verg dik betonskerms of metaalplate van lood om dit af te skerm. Die beste beskerming is gewoonlik om groot afstand tot die bron aan te hou. Die straling se intensiteit neem af met die kwadraat van die afstand.

'n Goeie voorbeeld van 'n radio-isotoop wat gammastraling uitsaai is 60Co. Hierdie kobaltisotoop word in hospitale gebruik om kanker te behandel en in die nywerheid om foto's van sweiswerk te maak. Wanneer dit in die verkeerde hande val -van diewe byvoorbeeld- kan dit gevaar oplewer.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]