Gebruikerbespreking:210.55.230.19

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hoi,

Welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Kan jy jou artikel 'n bietje langer maak? Dit is nu te kort vir wat ons normaal as 'n artikel beskou.

Danielm 10:27, 12 Mrt 2005 (UTC)

Digters[wysig bron]

Dankie vir die betrokkenheid by die projek.

In verband met die artikels oor digters: miskien is dit belangrik om te onthou dat 'n artikel oor 'n digter oor die digter gaan. Ek weet nie presies wat die wetlike implikasies is in die geval waar mens die gedigte bloot dupliseer nie. Het u toestemming van die kopiereghouer? Andersins dink ek ons moet eerder maar hou by artikels wat ons self skryf. Groete, Alias 04:57, 31 Mrt 2005 (UTC)

Wil net beaam wat my vrind hier bo stel. Ek weet dat Eugene Marais se gedigte in Suid-Afrika se kopiereg al lankal verstryk het. Ek glo egter 'n woordelikse plasing van sodanige gedigte eerder by wikiboeke geplaas moet word. Maak egter asseblief seker oor die kopiereg van die ander digters voordat u hulle werk daar plaas. Ek dink dit sal goed wees as ons meer oor die digters te wete kan kom in die artikels. --RM 07:07, 31 Mrt 2005 (UTC)


Als er geen auteursrechtenproblemen zijn kan er denk ik wel een voorbeeld van een tekst bijstaan, (maar dan als illustratie bij een verhaal over de dichter). Jcwf 14:41, 31 Mrt 2005 (UTC)

Overigens: van harte welkom!!

Hallo, gebruiker vanaf IP-adres 210.55.230.19, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 63 935 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles
Jou bydrae word nou geregistreer onder jou IP-adres. Daar is verskeie voordele gebonde aan die skep van ’n rekening - sluit gerus by ons aan!

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.


Ek het Saire Marais na 'n eie blad geskuif. Die lied is nie van hierdie digter nie. Jcwf 17:22, 1 Apr 2005 (UTC)