Afrikaanse Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wikipedia
Wikipedia-logo-v2-af.svg
Voorblad Afrikaanse Wikipedia.jpg
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Afrikaans
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Outeur Die gemeenskap
Opgerig 16 November 2001
Huidige status Aktief
URL http://af.wikipedia.org/

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie Wikipedia ("vrye" verwys in hierdie geval na die kopielinkse lisensiëring van die projek). Die projek is op 16 November 2001 begin en dit was die 11de Wikipedia wat geskep is.[1] Dit beskik tans oor ongeveer 40 850 artikels en is die 86ste grootste Wikipedia volgens die getal artikels.[2] Benewens Suid-Afrika en Namibië word die Afrikaanse Wikipedia gebruik en in stand gehou deur gebruikers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië.

Volgens Greenman se webjoernaal van Mei 2013 is die Afrikaanse Wikipedia wel die derde grootste Afrikataal-Wikipedia, maar is dit wat inhoud betref moontlik die beste. Daar is konstante aktiwiteit, groei en 'n gesonde gemeenskap.[3]

Die Afrikaanse Wikipedia het tans 99 430 bladsye, waarvan 40 849 artikels is. Dit het 80 421 geregistreerde gebruikers, waarvan 171 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het al 1 527 280 wysigings aangebring en 6 798 lêers opgelaai.

Die Wikipedia gebruik tans MediaWiki weergawe 1.28.0-wmf.12 (c4e65e8).[4]

Beide die http://af.wikipedia.org/ en http://wikipedia.co.za adresse kan gebruik word om die Afrikaanse Wikipedia te besoek.

Besoeke en Wysigings[wysig | wysig bron]

Uit die hele Wikipedia-projek se soektogte het die Afrikaanse Wikipedia van 1 Maart 2016 - 31 Maart 2016 omtrent 0,009% uitgemaak. Die Afrikaanse Wikipedia word die meeste besoek deur:[5]

Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (45,5%)
Vlag van Verenigde State VSA (17,4%%)
Vlag van Nederland Nederland (6,9%)
Vlag van Duitsland Duitsland (5,8%)
Vlag van Frankryk Frankryk (5,8%)
Vlag van Japan Japan (3,8%)
Vlag van Verenigde Koninkryk VK (3,6%)
Vlag van Kanada Kanada (3,3%)
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina (3,0%)
Wêreldvlag Ander (4,9%)

Persentasiegewys lyk die besoekstatistiek soos volg:

  • In Suid-Afrika: 1,3% (naas Engels (96,5%); gevolg deur ander tale (2,2%)).[6]

Uit die hele Wikipedia-projek se wysigings maak die Afrikaanse Wikipedia tussen 1 Desember 2014 en 31 Desember 2014 0,04% uit en word die Afrikaanse Wikipedia die meeste gewysig deur:[7]

Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (82,3%)
Vlag van Nederland Nederland (4,2%)
Vlag van Verenigde State VSA (3,6%)
Vlag van Spanje Spanje (1,6%)
Vlag van Turkye Turkye (1,2%)
Wêreldvlag Ander (7,1%)

Die betrokkenheid van Nederland en België by die Afrikaanse Wikipedia hou moontlik verband met die taalverwantskap tussen Afrikaans en Nederlands, wat ook op die Afrikaanse Wikipedia gebruik word.

Die res van die inligting wat nou volg is geldig vanaf 1 Julie 2009 – 31 Oktober 2013.

Hier volg 'n tabel met Suid-Afrikaanse besoekerstatistiek:[8]

Kwartaal Deel* Engels Portaal1 Afrikaans Duits Frans Nederlands Sjinees Eenvoudige
Engels
Portugees Spaans Ander
2009 kw.3 0,2% 89,4% 4,6% 2,9% 0,6% 0,7% 0,2% 0,09% 0,1% 0,2% 0,09% 1,1%
2009 kw.4 0,1% 89,7% 4,7% 1,5% 0,8% 0,8% 0,1% 0,08% 0,1% 0,1% 0,1% 2,0%
2010 kw.1 0,1% 90,7% 4,4% 2,3% 0,7% 0,5% 0,2% 0,09% 0,1% 0,1% 0,08% 0,8%
2010 kw.2 0,2% 91,2% 4,1% 2,3% 0,6% 0,4% 0,2% 0,1% 0,1% 0,1% 0,1% 0,8%
2010 kw.3 0,2% 91,2% 4,3% 2,3% 0,6% 0,4% 0,2% 0,1% 0,09% 0,08% 0,10% 0,6%
2010 kw.4 0,1% 91,0% 5,0% 1,3% 0,8% 0,5% 0,2% 0,2% 0,06% 0,09% 0,1% 0,8%
2011 kw.1 0,2% 90,5% 5,1% 2,0% 0,7% 0,4% 0,2% 0,1% 0,09% 0,08% 0,08% 0,8%
2011 kw.2 0,2% 91,1% 4,4% 2,1% 0,6% 0,4% 0,2% 0,2% 0,1% 0,1% 0,10% 0,7%
2011 kw.3 0,2% 90,3% 4,8% 2,4% 0,6% 0,5% 0,2% 0,2% 0,1% 0,08% 0,09% 0,7%
2011 kw.4 0,1% 90,7% 4,9% 1,3% 0,8% 0,7% 0,1% 0,2% 0,1% 0,1% 0,1% 1,0%
2012 kw.1 0,2% 90,8% 4,0% 2,2% 0,8% 0,5% 0,3% 0,2% 0,09% 0,1% 0,1% 0,9%
2012 kw.2 0,2% 90,7% 3,8% 2,5% 0,7% 0,6% 0,2% 0,3% 0,1% 0,1% 0,1% 0,9%
2012 kw.3 0,2% 91,5% 3,3% 2,3% 0,7% 0,4% 0,3% 0,2% 0,1% 0,1% 0,1% 1,0%
2012 kw.4 0,2% 92,3% 3,3% 1,4% 0,8% 0,5% 0,3% 0,2% 0,10% 0,1% 0,1% 0,9%
2013 kw.1 0,2% 92,2% 2,5% 2,3% 0,7% 0,4% 0,4% 0,2% 0,1% 0,1% 0,1% 1,0%
2013 kw.2 0,2% 93,2% 2,1% 2,3% 0,5% 0,4% 0,3% 0,1% 0,2% 0,1% 0,09% 0,7%
2013 kw.3 0,3% 92,9% 1,9% 2,5% 0,7% 0,4% 0,4% 0,2% 0,2% 0,1% 0,1% 0,6%
2013 kw.4 0,3% 93,2% 1,7% 2,0% 0,7% 0,4% 0,4% 0,2% 0,2% 0,1% 0,1% 1,0%
  • Deel verwys na die persentasie aansoekers met IP-adresse (uit die wêreldtotaal) wat uit een land afkomstig is (in hierdie geval, Suid-Afrika)
  1. Portaal verwys na www.wikipedia.org .

Dit was ook op Donderdag, 31 Desember 2015, die 60ste mees besoekte Wikipedia, met gemiddeld 1 636 bladtrekke per uur (sonder die webkruiperbesoeke ingereken).[9] Daar was altesaam 1 111 378 bladtrekke in Desember 2015; dus 'n gemiddelde van omtrent 1 494 per uur (ook sonder die webkruiperbesoeke ingereken).[10]

Die top 1 000 gewildste soektogte van Maart 2014 kan besigtig word by stats.[11]

In Suid-Afrika is die meeste Wikipedia-aktiwiteit te vinde onder inwoners in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap, dan die Vrystaat en KwaZulu-Natal kop aan kop, daarna Noordwes.[12]

Mylpale[wysig | wysig bron]

'n Grafiek wat die getal artikels op die Afrikaanse Wikipedia teenoor die datum toon tot en met November 2015
Logo wat vir die 5000ste artikel geskep is.

Volgens statistieke[13] is die volgende mylpale deur die Afrikaanse Wikipedia behaal:

Aantal artikels Datum Artikel
Eerste artikel November 2001
50 artikels Augustus 2002
100 artikels April 2003
250 artikels Augustus 2003
500 artikels November 2003
1 000 artikels Januarie 2004
2 500 artikels Maart 2004
5 000 artikels Maart 2006 Pylsterteend deur Faresh
9 000 artikels 29 Desember 2007 Fleur-de-lis deur Laurens
10 000 artikels Junie 2008 Homeros deur RAM
15 000 artikels 7 Mei 2010 Oplossing (chemie) deur Atoom
16 000 artikels Augustus 2010
17 000 artikels 10 Februarie 2011 Die Lunikoff Verschwörung deur Targovishtenec bg
18 000 artikels 7 Junie 2011 Aymara deur Africa South
19 000 artikels 3 September 2011 Kaapstad-Tuine (kiesafdeling) deur Morne
20 000 artikels 11 November 2011 Protestantse Hervorming deur Voyageur
21 000 artikels 27 Januarie 2012 Denis Diderot deur Voyageur
22 000 artikels 3 April 2012 Daniël Francois du Toit deur Morne
23 000 artikels 20 Junie 2012 Spier, Nederland deur IP 41.240.218.48 (anoniem naudefj)
24 000 artikels 4 September 2012 Israelse kurper deur Oesjaar
25 000 artikels 27 November 2012 Exel, Nederland deur Puvircho
26 000 artikels 23 Februarie 2013 NG gemeente Griekwastad deur Morne
27 000 artikels 29 Mei 2013 Witooievaar deur Oesjaar
28 000 artikels 7 Augustus 2013 Grootrietsanger deur Oesjaar
29 000 artikels 14 November 2013 Satoshi Miyauchi deur FootballLibrary
30 000 artikels 21 Januarie 2014 NG gemeente Vanderbijlpark-Suid deur Morne
31 000 artikels 14 April 2014 Rynhesse deur Voyageur
32 000 artikels 5 Julie 2014 Lukas deur Oesjaar
33 000 artikels 14 September 2014 Platysteiridae deur Naudefj
34 000 artikels 4 Januarie 2015 Eersterangse krieket deur Aliwal2012
35 000 artikels 5 April 2015 Isambard Kingdom Brunel deur Voyageur
36 000 artikels 16 Julie 2015 Louisiana (Nieu-Frankryk) deur Voyageur
37 000 artikels 13 September 2015 Rooigrysmuskusskeerbek deur Oesjaar
38 000 artikels 17 Desember 2015 Jamie Oliver deur Voyageur
39 000 artikels 28 Februarie 2016 Johannes Nicolaas de Beer deur Morne
40 000 artikels 5 Mei 2016 Henry Barber deur Gebruiker:Morne.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: