Gereformeerde kerk Witpoortjie
Gereformeerde Kerk Witpoortjie | ||
Sluit in | Groblerspark Lewisham Luipaardsvlei Mindalore Princess Reefhaven Witpoortjie | |
Klassis | Wesrand | |
Huidige predikant(e) | Dirk van't Zand | |
Belydende lidmate | 133 | |
Dooplidmate | 9 | |
Adres | Luipaardsvleisentrum vir Bejaardes Hompesstraat Luipaardsvlei | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 8 Oktober 1972 | |
Afgestig van | Roodepoort | |
Eerste predikant | G. du Plessis |
Die Gereformeerde kerk Witpoortjie is die tweede jongste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Wes-Randse stad Roodepoort.
Die gemeente het op 8 Oktober 1972 van die Gereformeerde kerk Roodepoort afgestig, wat op sy beurt in 1957 van die Gereformeerde kerk Florida afgestig het, ’n dogtergemeente van Krugersdorp (1898), die oudste Gereformeerde kerk aan die Witwatersrand.
Witpoortjie se kerkraad het onmiddellik begin beplan vir kerkbou. Dienste is eers in die Laerskool Dr. Havinga gehou terwyl die kerkgebou in aanbou was. Dié gebou is opgerig volgens gewysigde planne van die Gereformeerde kerk Alberton-Wes. Lucas van der Schyff het die strukturele planne opgestel en die bouaannemer was ene Wilken. Die verandering aan Alberton-Wes se plan het die aanbou van ’n kerksaal behels. Dié gebou is op 2 Augustus 1975 amptelik ingewy.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Du Plessis, Gideon, 1973–1981 (waarna eerste leraar van die dogtergemeente, Wilropark, tot hy sy emeritaat aanvaar in 1997)
- Breed, dr. Douw Gerbrand, 1982–1987
- Van Rhyn, Hercules Philippus Malan, 1987–1998 (waarna Wilropark 1998–2004)
- Stoker, dr. Hendrik Gerhardus, 1988–1995
- Roets, Cornelius Johannes Christiaan, 1996–2004
- Smit, dr. Johannes, 2005–2007
- Van 't Zand, Dirk, 2007 – hede
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (af) Die gemeente se Facebook-blad. URL besoek op 2 Desember 2015.
26°08′29″S 27°49′48″O / 26.14139°S 27.83000°O