Gewone willie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gewone willie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Pycnonotidae
Genus: Andropadus
Spesie: A. importunus
Binomiale naam
Andropadus importunus
(Vieillot, 1818)
Die verspreiding van die Gewone willie in Suider-Afrika.
Die verspreiding van die Gewone willie in Suider-Afrika.

Die Gewone willie (Andropadus importunus) is 'n sangvoël wat deel van die familie van tiptolle is. Die voël leef in kusstruike, woudblaredakke en rande, in dig beboste valleie en waterlope aan die suid en -ooskus en onmiddelike binneland van Suid-Afrika. Die voël word tot 20 cm lank.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die voël is valerig, olyfbruin met wit oë. Hulle kom een-een of in pare voor maar word min gesien omdat hulle digte beskutting verkies. Hulle vreet bessies en vye.

Ander name[wysig | wysig bron]

  • Engelse naam: Sombre Greenbul (Bulbul)
  • Wetenskaplike naam: Andropadus importunus

Bron[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]