Gordon Lightfoot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gordon Lightfoot
Gordon Lightfoot.jpg
Gordon Lightfoot in Toronto
GeboortenaamGordon Meredith Lightfoot, Jr.
Beroep(e)Sanger
Musikus
Liedjieskrywer
Genre(s)Folk-musiek
Country-musiek
Rock-musiek
Instrument(e)Kitaar, klavier
Aktiewe jare1962 -
EtiketteUnited, Reprise, Warner Bros., Linus
WebwerfAmptelike webwerf
Portal.svg Musiekportaal

Gordon Meredith Lightfoot, Jr., Companion of the Order of Canada/Ordre du Canada, lid van die Order of Ontario, gebore op 17 November 1938, is 'n Kanadese sanger en liedjieskrywer wat in genres soos folk-, country- en popmusiek internasionale sukses behaal het. Lightfoot het met sy liedere in die 1960's bekendheid verwerf en in die 1970's met enkelsnitte soos If You Could Read My Mind (1970), Sundown (1974), Carefree Highway (1974), Rainy Day People (1975) en The Wreck of the Edmund Fitzgerald (1976) topposisies in internasionale trefferlyste gehaal.

Lightfoot se liedere is deur wêreldbekende kunstenaars opgeneem, onder wie Elvis Presley, Johnny Cash, Marty Robbins, Jerry Lee Lewis, Bob Dylan, Judy Collins, Barbra Streisand, Johnny Mathis, Richie Havens, Harry Belafonte, Sandy Denny (saam met Fotheringay), Scott Walker en John Mellencamp.