Graf van die Onbekende Soldaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Landsoldate (1858)

'n Graf van die Onbekende Soldaat is 'n monument wat gebou is om die stoflike oorskot van een of meer ongeïdentifiseerde soldate te begrawe. Vanaf die 19de eeu is sulke monumente in verskeie lande opgerig. Hierdie soldate word 'n simbool vir die talle geïdentifiseerde en ongeïdentifiseerde soldate wat tydens 'n oorlog omkom. 'n Jaarlikse herdenking word soms by hierdie grafte gehou.

Die oudste monument van sy soort is vermoedelik die van die Landsoldate (beeldhouer Herman Wilhelm Bissen), wat in 1858 in Frederica, Denemarke opgerig is. Die monument herdenk die gesneuweldes tydens die Eerste Duits-Deense Oorlog. 'n Meer onlangse voorbeeld is 'n monument wat in 2004 in Wellington, Nieu-Seeland opgesit is.

Ná die Eerste Wêreldoorlog het verskillende lande sulke monumente opgerig. Op 11 November 1920 is die Tomb of the Unknown Warrior in Londen en die Tombe du Soldat Inconnu in Parys ingewy. In Frankryk word 'n ewige vlam in 1923 by die graf gevoeg. Dit is later ook op ander plekke, soos in Brussel, gedoen.

Voorbeelde[wysig | wysig bron]

Land Plek Jaar Foto
Vlag van Griekeland Griekeland Athene 1930 Tomb of Unknown at Syntagma Square in Athens.JPG
Vlag van België België Brussel 1922 Colonne du Congrès Bxl.02.JPG
Vlag van Engeland Engeland Westminster Abbey, Londen 1920 Westminster Abbey West Door.jpg
Vlag van Frankryk Frankryk Parys 1921 Unknownsoldier paris.jpg
Vlag van Italië Italië Rome 1921 VittorianoMiliteIgnoto-SteO153.jpg
Vlag van Nederland Nederland Oude Sint-Willibrorduskerk, Waalre 1945 Oude-Willibrorduskerk.jpg
Vlag van Pole Pole Warschau 1925 Grób Nieznanego Żołnierza w Warszawa warta.JPG
Vlag van Portugal Portugal Klooster van Batalha 1921 Chapter house of Mosteiro da Batalha (2).jpg
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe Harare 1982 Heroes Acre Monument, Harare, Zimbabwe.jpg

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]