Hackney Central

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hackney Central
Hackney Town Hall het tussen 1934 en 1937 ontstaan
Hackney Town Hall het tussen 1934 en 1937 ontstaan
Ligging van Hackney Central op 'n kaart (Groter Londen)
Hackney Central
Hackney Central
Koördinate: 51°32′36″N 0°03′34″W / 51.54333°N 0.05944°W / 51.54333; -0.05944Koördinate: 51°32′36″N 0°03′34″W / 51.54333°N 0.05944°W / 51.54333; -0.05944
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Flag of England.svg Engeland
Graafskap Groter Londen
Borough Hackney
Tydsone MGT (UTC±00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Poskode E8
Skakelkode(s) 020

Hackney Central is die sentrale en naamgewende stadsbuurt van die London Borough of Hackney, 'n administratiewe distrik van Groter Londen, Engeland. Dit behels die gebied rondom en noord van Mare Street en is sowat 6,4 km of vier myl noordoos van Charing Cross geleë. Dit is daarnaas ook die naam van een van die kiesafdelings vir die distriksraad van Hackney (Hackney Council).

Hackney Central dek die gebied wat oorspronklik as Hackney Village bekendgestaan het - 'n plek wat sy bloeitydperk vanaf die Tudor-regeringstyd beleef het toe leidende howelinge hul woonhuise hier laat oprig het. Ook koning Hendrik VII van Engeland het in Hackney 'n paleis vir homself laat bou wat egter nie bewaar gebly het.

Nog tot in die laat Georgiaanse tydperk was Hackney 'n gewilde woonplek vir Londenaars. Eers vanaf dié tyd het die gebied gaandeweg sy rustige en landelike karakter kwytgeraak en is dit digter bebou. Gedurende die Victoriaanse tydperk is Londense spoorweg- en tremlyne tot by Hackney uitgebrei en het talle fabrieke in die buurt ontstaan.