Haddonse tapytanemoon
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Haddonse tapytanemoon | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. haddoni
|
Binomiale naam | |
Stichodactyla haddoni (Saville-Kent, 1893)
| |
Sinonieme | |
|
Haddonse tapytanemoon (Stichodactyla haddoni) is 'n anemoon wat voorkom in die Stille- en Indiese oseane; meer spesifiek in die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die anemoon bekend as die Haddon's carpet anemone.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die anemoon het bereik 'n diameter van tot 500mm. Die anemoon word gekenmerk deur kort, digte tentakels met ronde punte wat soos 'n tapyt lyk. Die kleur van die tentakels wissel van heldergroen tot grys tot ligbruin en kan ook gestreep wees. Die onderkant van die anemoon het net een kleur.
Hulle leef in sagte sand of modder saam met seegrasse. Die anemoon is ook die gasheer vir anemoonvisse, garnale en krappe.
Bron
[wysig | wysig bron]- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3