Halloumi
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Halloumi | ||
Vars gesnyde halloumi. | ||
Oorsprong | Siprus/Levant | |
Melkbron | Bokke, skape, soms koeie | |
Eienskappe | ||
Gepasteuriseer | Kommersiële kase | |
Tekstuur | Halfsag | |
Veroudering | Nie kommersieel nie | |
Voedingswaarde (per 100 g) | ||
Vetinhoud | 26,9 g | |
Proteïen | 21,2 g | |
Koolhidrate | 2,2 g | |
Energie | 1 406,7 kJ |
Halloumi (IFA: /ħalˈluːmi/; Grieks: χαλλούμι; Arabies: حلوم ḥallūm) is ’n halfsagte, onverouderde, gepekelde kaas van Siprus wat van ’n mengsel van bok- en skaapmelk, en soms koeimelk, gemaak word.[1][2][3] Dit het ’n hoë smeltpunt en kan dus maklik gebraai of gerooster word.
Halloumi word met stremsel verhard[4] en is ongewoon in die sin dat geen suur of suurvervaardigende bakterie gebruik word in die bereiding daarvan nie.[5] Die kaas is veral gewild in Siprus, die Levant, Griekeland, Turkye en Brittanje.[6][7][8]
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die naam "halloumi" is afgelei van die Egipties-Arabiese woord, wat weer kom van die Koptiese halom of alom ("kaas"), wat verwys na ’n kaas wat in die Middeleeue in Egipte geëet is.[9][10] In moderne Egipte is hâlûmi soortgelyk aan die Sipriotiese "halloumi"; dit word óf vars óf gepekel en gekruie geëet.
Volgens streek
[wysig | wysig bron]Siprus
[wysig | wysig bron]Halloumi het in die tyd van die Middeleeuse Bisantium (395-1191) in Siprus ontstaan[6][11] en is daarna regdeur die Midde-Ooste geëet.
Die kaas is wit en het ’n kenmerkende laagtekstuur, soortgelyk aan mozzarella. Dit het ’n sout smaak. Dit word in sy natuurlike vloeistof met soutwater gebêre en kan tot ’n jaar hou as dit benede -18 °C gestoor word. Dit word met mentblare verkoop omdat dit dan varser en geuriger bly.
Midde-Ooste
[wysig | wysig bron]Halloumi word gereeld geëet in baie dele van die Levant soos Libanon, Turkye, Sirië, Palestina, Jordanië, Israel, Egipte en Irak. Dit is gewild vir ontbyt saam met geregte soos hummus, falafel en khubz. In Israel word dit soms in olyfolie gebraai en vir ontbyt voorgesit saam met meze. Dit word ook saam met vis geëet.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Gibbs, Paul; Morphitou, Ria; Savva, George (2004). "Halloumi: exporting to retain traditional food products". British Food Journal. 106 (7): 569–576. doi:10.1108/00070700410545755.[dooie skakel]
- ↑ "Cyprus - Cultural life - Daily life and social customs - halloumi cheese" (in Engels). www.britannica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2015. Besoek op 16 Junie 2009.
- ↑ Ayto, John (1990). The glutton's glossary: a dictionary of food and drink terms. Routledge. p. 133. ISBN 0-415-02647-4.
- ↑ Lazarou, Stalo. "Χαλλούμι". foodmuseum.cs.ucy.ac.cy (in Grieks). Cyprus Food Virtual Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019. Besoek op 30 November 2015.
- ↑ Charles O'Connor. Traditional Cheesemaking Manual. International Livestock Centre for Africa.
- ↑ 6,0 6,1 Robinson, R. K. – Tamime, A. Y. (1991). Feta and Related Cheeses. Woodhead Publishing. p. 144. ISBN 1-85573-278-5.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Allen, Gary J. (2007). The herbalist in the kitchen. University of Illinois Press. p. 212. ISBN 0-252-03162-8.
- ↑ Cooke, Nicholas (22 September 2013). "How halloumi took over the UK" (in Engels). BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 23 September 2013.
- ↑ Andriotis et al., Λεξικό της κοινής νεοελληνικής
- ↑ P. Papademas, "Halloumi Cheese", p. 117ff, in Adnan Tamime, ed., Brined Cheeses in the Society of Dairy Technology series, Blackwell 2006, ISBN 1-4051-2460-1
- ↑ Goldstein, Darra – Merkle, Kathrin – Parasecoli, Fabio – Mennell, Stephen - Council of Europe (2005). Culinary cultures of Europe: identity, diversity and dialogue. Council of Europe. p. 121. ISBN 92-871-5744-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Halloumi.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia