Hideki Tojo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hideki Tojo
東條 英機
Hideki Tojo

Eerste Minister van Japan
Leier van die Taisei Yokusankai
Ampstermyn
17 Oktober 1941 – 22 Julie 1944
Monarg Shōwa
Voorafgegaan deur Fumimaro Konoe
Opgevolg deur Kuniaki Koiso

Minister van Oorlog
Ampstermyn
22 Julie 1940 – 22 Julie 1944
Monarg Shōwa
Voorafgegaan deur Hata Shunroku
Opgevolg deur Hajime Sugiyama

Persoonlike besonderhede
Geboorte 30 Desember 1884
Tokio, Japan
Sterfte 23 Desember 1948
Tokio, Japan
Politieke party Taisei Yokusankai.svg Taisei Yokusankai
Eggenoot/eggenote Katsuko Ito
Kind(ers) 7
Alma mater Keiserlike Japanese Weermagsakademie
Militêre Akademie
Handtekening Hideki Tojo signature.svg

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Japan Japan
Diens/Tak War flag of the Imperial Japanese Army.svg Keiserlike Japanese weermag
Rang 帝國陸軍の階級―襟章―大将.svg General
Eenheid Kwantung Weermag (1932-1934)
Oorloë/Veldslae 26 Februarie-voorval
Tweede Sjinees-Japannese Oorlog

Tweede Wêreldoorlog

Toekennings Groot Kordon van die Orde van die Opkomende Son
Orde van die Goue Vlieër, 2de Klas
Orde van die Heilige Skat

Hideki Tojo (Japannees: 東條 英機 Tōjō Hideki; Tokio, 30 Desember 1884 - 23 Desember 1948, Tokio) was 'n Japannese militaris en politikus van die Tweede Wêreldoorlog.

Sy lewe tydens die Tweede Wêreldoorlog[wysig | wysig bron]

Tojo was 'n kunstige generaal in die Japannese weermag. In 1933 is hy tot generaal-majoor bevorder en word die hoof van die Kantoleër in Mantsjoeko. In 1936 is hy tot luitenant-generaal bevorder. Tojo was één van die mense wat Japan in die oorlog betrokke gekry het. Hy was 'n aanhanger van die Groot-Japanse gedagte en het één Asië, gelei deur Japan, voorgestaan. Hy was die oorlogsminister tot 1941. In Oktober 1941 het hy soveel mag verkry nadat hy premier van Japan word, dat hy feitlik 'n diktator geword het.

As leier van Japan[wysig | wysig bron]

Hoewel Tojo aanvanklik met die Amerikaners wou onderhandel oor hul sanksies teen Japan na die bloedige oorlog in Sjina, was hy wel 'n voorstander van die aanval op Pearl Harbor in Desember 1941. Tojo kon egter nie die absolute mag inpalm nie, en het in 1944 sy bedanking ingedien na verskeie nederlae.