Hidroksielapatiet
Voorkoms
Hidroksielapatiet | |
---|---|
Formule | Ca5(PO4)3OH |
Nickel-Strunz (10) | 8.BN.05 |
Kleur | wit, grys, geel, groen, pers |
Hardheid | 5 |
Digtheid | 3,1 - 3,21 g/cm3 |
Kristalsisteem | heksagonaal |
Strukturbericht-kode | H5₇ |
Eenheidsel | a = 9.41 Å, c = 6.88 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Hidroksielapatiet, hidroksi-apatiet of apatiet-(CaOH) is 'n mineraal uit die apatiet-groep. Dit kom algemeen voor en dit word in Suid-Afrika in Noord-Kaap in die Postmasburg-mangaanveld op die Gamagara-rand gevind.[1]
Biochemie
[wysig | wysig bron]Hidroksielapatiet word aangewend in die proteïen-chromatografie as 'n draermateriaal in die kolom.[2]
Tandheelkunde
[wysig | wysig bron]Hidroksielapatiet is die mineraal wat die tande vorm en die blootstelling van hierdie materiaal aan sure kan hierdie materiaal oplos, omdat dit 'n hidroksied is. Die teenwoordigheid van fluoried-ione kan help die tande te behoed omdat die F−-ioon die OH−-ioon in die apatietstruktuur kan vervang.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "mindat 1992" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019.
- ↑ Protein chromatography on hydroxyapatite columns Cummings LJ, Snyder MA, Brisack K. Methods Enzymol. 2009 463:387-404
- ↑ "perio sciences" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2019. Besoek op 12 Augustus 2017.