Holywood
Voorkoms
Holywood | |
---|---|
Dorp | |
St Colmkille-kerk in High Street | |
Koördinate: 54°38′10″N 5°50′42″W / 54.63611°N 5.84500°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Noord-Ierland |
County | Down |
Bevolking | |
• Totaal | 12 131 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | BT18 |
Skakelkodes | 028 |
Webwerf | Holywood se Virtuele Gemeenskap |
Holywood [ˈhɒliwʊd] is 'n nedersetting in die metropolitaanse gebied van Belfast in die graafskap Down, Noord-Ierland. Dit vorm 'n civil parish (burgerlike parogie) en townland met 'n oppervlak van 755 akkers en is geleë aan die suidoewer van Belfast Lough, tussen Belfast en Bangor en naby die Holywood-wisselaar (Holywood Exchange) en Belfast City Airport, een van twee lughawens in of naby Belfast.
Op kulturele gebied het Holywood bekendheid verwerf as die gasheerstad van 'n jazz- en blues-musiekfees wat jaarliks gehou word. Cultra, een van die welvarendste woonbuurte in metropolitaanse Belfast, maak deel uit van Holywood.