Hugh Baiocchi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Volle naam Hugh John Baiocchi
Geboortedatum/plek 17 Augustus 1946 (1946-08-17) (71 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
Sterfdatum/plek
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Woning Palm Springs, Kalifornië
Hoogte 1,83 m
Massa 77 kg
Eggenoot/e Patricia Joan (get. 1971)
Kinders Lauren, Justin
Kollege Universiteit van Witwaterstrand
Pro. geword 1971
Vorige toere Suidelike Afrika Toer
Europese Toer
Kampioenetoer
Pro-oorwinnings 22
Europese Toer 7
Sonskyn Toer 11
PGA Toerkampioene 3
Ander 1
Beste uitslag in groot kampioenskappe
Meesterstoernooi T22: 1975
V.S. Ope WD: 1979
Die Ope kampioenskap T9: 1984
PGA Kampioenskap Nie gespeel nie
Toekennings
Meriete-ordewenner 1973/74, 1978/79

Hugh John Baiocchi (gebore 17 Augustus 1946, Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler wat meer as 20 professionele toernooie dwarsoor die wêreld gewen het.

Baiocchi word professioneel in 1971 en speel sy gereelde loopbaan hoofsaaklik in Europa. Hy was 'n lid van die Europese Toer van sy eerste seisoen in 1972 tot 1993 en haal die top-eenhonderd op die Orde van Meriete vir die Toer se eerste negentien seisoene, insluitend drie top tien plasings: 1973 (3); 1975 (6de) en 1977 (2de). Hy wen ses amptelike geldbeursies op die toer. Hy het ook gereeld deelgeneem aan die Suider-Afrika Toer gedurende die Noordelike Halfrond se winter, en wen verskeie toernooie en die Orde van Meriete in 1973/74 en 1978/79.

As 'n senior (oor 50) gholfspeler, het Baiocchi hoofsaaklik op die VSA-gebaseerde Kampioenetoer gespeel, waar hy drie oorwinnings behaal het. Hy is getroud met Joan en het twee kinders (Lauren en Justin), hulle woon in Palm Springs, Kalifornië. Sy dogter, Lauren, is getroud met die bekende afgetrede bofbalspeler Johnny Bank.

Hy het reeds baie gholfbane ontwerp, soos die Legende Baan by die Constance Belle Mare Plage Oord in Mauritius, waar die 2011 MCB Toerkampioenskap plaasgevind het.