Jacques Brel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jacques Brel
Jacques Brel 1955.jpg
Jacques Brel in 1955
Geboortenaam Jacques Romain Georges Brel
Geboorte 8 April 1929
Schaarbeek, Brussel (België)
Afsterwe 9 Oktober 1978 (49 jaar oud)
Bobigny, Frankryk
Beroep(e) sanger, liedjieskrywer, komponis en akteur
Genre(s) Chanson
Aktiewe jare 1953 - 1978
Uitgewer(s) Philips Records, Barclay Records, Barclay/Universal
Webwerf www.jacquesbrel.be
Portal.svg Musiekportaal

Jacques Romain Georges Brel (* 8 April 1929 in Schaarbeek (Brussel) † 9 Oktober 1978 in Bobigny, Frankryk) was 'n Belgiese sanger, liedjieskrywer, komponis en akteur. Hoewel hy van Belgiese afkoms was, word Brel tans as 'n simbool van die Franse chanson beskou.

Bekende chansons van Jacques Brel[wysig]

  • Quand on n'a que l'amour (Om met Liefde Alleen)
  • Vesoul
  • La valse à mille temps
  • Le plat pays (My Lae Land)
  • Les bourgeois (Die Bourgeois)
  • Amsterdam (Op die Amsterdamkaai)
  • Ne me quitte pas (Moet my nie verlaat nie)
  • Le Moribond (Die Sterwende)
  • Les Flamandes (Vlamingvrou)
  • Mathilde
  • On n'oublie rien ('n Mens vergeet nie)
  • Ces gens là (Daardie Mense)
  • Orly

Ander kunstenaars se opname van Brel liedjies[wysig]

Verskeie kunstenaars het Jacques Brel se liedjies opgeneem. In 1967/68 het Scott Walker sy treffer Jackie op die mark gebring. 'n Wêreldtreffer was Terry Jack se Seasons in the Sun in 1974, wat die Engelstalige vertaling van La Moribonde (Die Sterwende) is. Ander kunstenaars wat Jacques Brel geïnterpreteer het, sluit in David Bowie (Amsterdam) en Sting. In 2007 het die Suid-Afrikaanse sanger Herman van den Berg Jacques Brel se liedjies op 'n CD Brel in Afrikaans op die mark gebring.

Eksterne Skakels[wysig]