James Doohan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
James Montgomery Doohan
James Doohan in 1997
Naam James Montgomery Doohan
Geboorte 3 Maart 1920
Vancouver, Kanada
Nasionaliteit Kanades
Sterfte 20 Julie 2005
Redmond, Verenigde State
Beroep(e) Akteur
Noemenswaardige
rolprent(e)
Star Trek
Internet-rolprentdatabasis-profiel

James Montgomery Doohan (Vancouver, Brits-Columbië, 3 Maart 1920 - Redmond, Washington (Verenigde State), 20 Julie 2005) was 'n Kanadese akteur wat veral deur sy rol as ingenieur Montgomery Scott ("Scotty") in die Amerikaanse televisie-reeks Star Trek internasionale bekendheid verwerf het.

Doohan se gesin ly onder die alkoholisme van die vader, en in sy outobiografie Beam me up, Scotty (Straal my op, Scotty) onthul hy besonderhede van sy loopbaan as soldaat in Europa en as akteur in wetenskapsfiksie-films en -televisie-reekse. Hy beskryf ook sy pogings om van alkoholisme en die gevolge daarvan te ontvlug. Hy veg onder meer as offisier in die Tweede Wêreldoorlog en neem aan die Gealliëerde Magte se landing in Normandië deel.

Toe hy in 1966 die rol as "Scotty" in die Amerikaanse netwerk NBC se televisie-reeks Star Trek begin speel, staan hy reeds bekend as 'n gesogte akteur. In die reeks Space Command vertolk hy vir die eerste keer die rol van 'n ruimtevaarder.

In 1979 word die eerste rolprentteater-verfilming van Star Trek met Doohan as "Scotty" vertoon.

Op die ouderdom van 85 jaar beswyk James Doohan in sy huis in Redmond in die VSA-deelstaat Washington aan die gevolge van longontsteking.