Jenő Jandó

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jenő Jandó
Geboorte01 Februarie 1952 (1952-02-01) (67 jaar oud)
Beroep(e)pianis
Genre(s)Barokmusiek, Klassiek, Romantiese musiek,
Portal.svg Musiekportaal

Jenő Jandó (Hongaarsː ˈjɒndo; gebore op 1 Februarie 1952) is 'n Hongaarse pianis en Professor van die Franz Liszt Akademie van Musiek in Boedapest, Hongarye.

Agtergrond en opvoeding[wysig | wysig bron]

Jandó het klavier by die Liszt Akademie saam met Katalin Nemes en Pál Kadosa gestudeer, en het aangegaan om verskeie groot internasionale klavierkompetisies te wen, insluitende die Georges Cziffra en Ciani Klavierkompetisies. Sy professionele loopbaan het egter begin toe hy op agtien-jarige ouderdom derde plek behaal het tydens die Beethoven Klavierkompetisie. Hy was ook die wenner van die 1973 Hongaarse Klavierconcours, en het eerste plek behaal in die Kamermusiek kategorie tydens die Sydney Internasionale Klavierkompetisie in 1977.

Loopbaan as solis en begeleidende pianis[wysig | wysig bron]

Jandó word hoog gereken as beide 'n solis en begeleidende kunstenaar, soos blyk uit sy opnames, welke strek van 'n volledige opname van Beethoven se sonatas tot Franz Schubert se Forelkwintet en Beethoven se klaviertrios Nos. 5 - 6, Opus 70, en die klaviertrio No. 7.

As begeleidende pianis het Jenő Jandó al gewerk saam met Takako Nishizaki in opnames van Beethoven se vioolsonatas, die Franck vioolsonata, die Grieg vioolsonata en die volledige sonatas van Schubert asook die sonatas van Mozart, welke almal opgeneem is vir die Naxos Plate-etiket, en van wie sommige baie hoog geag word deur die die Penguin Gids tot Opgeneemde Klassieke Musiek. Sy styl van begeleiding is ook opmerklik in Zoltán Kodály se Tjellosonata (Op. 4), sowel as in die meer onlangse opname van Ernő Dohnányi se tjellosonates saam met Maria Kliegel.

Hy is bekend daarvoor dat hy sing of neurie terwyl hy speel, en ten einde dit te verhoed het hy die gewoonte aangeleer om 'n onaangesteekte sigaret in sy mond te plaas![1]

Opnames[wysig | wysig bron]

Jandó het alreeds meer as sestig plate opgeneem, insluitende musiek deur Bach, Ludwig van Beethoven, Franz Liszt, Robert Schumann, Franz Schubert, Johannes Brahms, Joseph Haydn, Béla Bartók, Frédéric Chopin en baie ander komponiste. Hy maak tans eksklusief opnames vir die Naxos.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Jeno Jando- Bio, Albums, Pictures – Naxos Classical Music". Besoek op June 30, 2016.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]