Jerzy Buzek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Jerzy Buzek
Jerzy Buzek
Jerzy Buzek

Minister-president van Pole
Ampstermyn
1997 – 2001
Voorafgegaan deur Włodzimierz Cimoszewicz
Opgevolg deur Leszek Miller

President van die Europese Parlement
Ampstermyn
14 Julie 2009 – 17 Januarie 2012
Voorafgegaan deur Hans-Gert Pöttering
Opgevolg deur Martin Schulz

Persoonlike besonderhede
Gebore 3 Julie 1940 (1940-07-03) (78 jaar oud)
Smilovici, Tsjeggo-Slowakye
(onder Nazi-besetting)
Politieke party Solidarność
Handtekening Jerzy Buzek Signature.svg


Jerzy Buzek (3 Julie 1940, Smilovici, tans Tsjeggië - ) is 'n Poolse politikus en huidige lid van die Europese Parlement. Hy was minister-president van Pole van 1997-2001 en president van die Europese Parlement van 14 Julie 2009 tot 17 Januarie 2012. [1]

Minister-president van Pole[wysig | wysig bron]

Buzek is chemies ingenieur en lid van Solidarność sedert hierdie beweging se vroeë dae en het 'n groot rol daarin gespeel. Van 1997 tot 2001 het hy sy land as minister-president gedien. Hierdie tydperk word deur baie groot veranderings rakende pensioene, gesondheidsorg, plaaslike en regionale bestuur, onderwys en mynbou gekenmerk. Hy het sy land die NATO ingevoer en die basis vir die EU-lidmaatskap gelê. [1]

President van die Europese Parlement[wysig | wysig bron]

Buzek was die eerste president uit die Oos-Europese state wat in 2004 lid van die EU geword het. Onder hom het die invoering van die Verdrag van Lissabon plaasgevind en hy het 'n belangrike rol in die ratifiseringsproses gespeel. 'n Ander onderwerp wat sy aandag gehad het is energie. Saam met Jacques Delors het hy die inisiatief geneem om 'n Europese Energie Gemeenskap te stig. [1]

Verwysings[wysig | wysig bron]