John Adams (komponis)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
John Adams

John Coolidge Adams (gebore op 15 Februarie 1947) is 'n Amerikaanse komponis, klarinetspeler en dirigent van klassieke musiek en opera, met sterk wortels in minimalisme.[1][2][3]

Sy werke sluit Nixon in China (1987), Harmonielehre (1985), Short Ride in a Fast Machine (1986), On the Transmigration of Souls (2002), 'n koorstuk wat die slagoffers van die 11 September 2001 aanvalle gedenk (waarvoor hy die Pulitzerprys vir musiek in 2003 gewen het), en Shaker Loops (1978), 'n minimalistiese vier-beweging stuk vir strykinstrumente; in.

Sy operas sluit Nixon in China (1987), in - 'n musikale relaas van President Richard Nixon v/d V.S.A. se besoek aan China, Doctor Atomic (2005), wat Robert Oppenheimer, die Manhattan Projek, en die bou van die eerste atoombom dek, en The Death of Klinghoffer (1991) wat gebaseer is op die Achille Lauro kaping by die Palestynse Vryheidsfront in 1985, en die kapers se moord van die 69-jarige Joods-Amerikaanse passasier Leon Klinghoffer wat in 'n rolstoel was.

Die opera het kontroversie veroorsaak, insluitende bewerings deur Klinghoffer se twee dogters dat die opera anti-semities is en terrorisme verheerlik. Die werk se skeppers en andere het hierdie beweringe en kritiek ontken.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "BBC Music - A minimal guide to minimalism" (in Engels). 2016-09-01. Besoek op 2018-08-12.
  2. "Minimalist music: where to start". Classic FM (in Engels). Besoek op 2018-08-12.
  3. "John Adams | American composer and conductor". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 2018-08-12.
  4. Cooper, Michael. "Klinghoffer Protesters Flock to Met Opera House". The New York Times. Besoek op October 20, 2014.