Judenburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Judenburg
Judenburg von Reifling aus Panorama.jpg

Kaart Wapen
Map at judenburg.png
AUT Judenburg COA.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Oostenryk Oostenryk
 Deelstaat Flag of Steiermark.svg Stiermarke
 Koördinate 47°10′21″N 14°39′37″O / 47.17250°N 14.66028°O / 47.17250; 14.66028
 Stigting 1074 (eerste verwysing)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 63,77 vk km
 Hoogte bo seevlak 737 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2016) 10 194
 - Bevolkingsdigtheid 159,9/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Hannes Dolleschall (SPÖ)
 Amptelike Webwerf Stadtgemeinde Judenburg
Judenburg se stadstoring

Judenburg is die administratiewe setel van die distrik Murtal in die Oostenrykse deelstaat Stiermarke, met 'n bevolking van 10 194 soos op 1 Januarie 2016. Die stadsgebied strek oor 63,77 km² en is op 737 meter bo seevlak geleë teen die suidelike rand van die Aichfeld, 'n uitgestrekte bekken in die Alpebergreeks. Hier, by die kruispunt van belangrike handelsroetes, het teen die middel van die 11de eeu 'n burg ontstaan wat die nodige beskerming vir die vestiging van 'n mark- en koopmansdorp gebied het. In die loop van die Middeleeue het die nedersetting gegroei tot 'n ekonomiese en administratiewe sentrum.[1]

Die oudste historiese verwysing na Judenburg as mercatum Judinburch dateer van 1074 en getuig van die belangrike rol wat Joodse handelaars destyds in die markdorp 'n gespeel het. Judenburg se welvaart het voortgespruit uit sy ligging as handelspos langs die roete tussen Wene en Venesië asook die handel met ystererts, wat in Bo-Stiermarke ontgin is, en die plant Valeriana celtica waarvan die wortels danksy hul gehalte aan eteriese olies vir die vervaardiging van parfuum gebruik is.

Judenburg se vernaamste besienswaardighede is die stadstoring uit die 15de eeu wat 'n uitsig oor die hele Aichfeld bied en tans Europa se mees moderne planetarium huisves, die Rooms-Katolieke parogiekerk met die sogenaamde Judenburgse Madonna, 'n lewensgrootte-kalksteenskulptuur wat die Moeder Gods uitbeeld, en die Puch Museum wat belangrike mylpale in die geskiedenis van motorvervaardiging behandel.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]