Gaan na inhoud

Kagerarivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kagerarivier
Die samevloeiing van die Kagera- en Ruvubu-riviere naby die Rusumo-waterval, tussen Rwanda en Tanzanië.
Die samevloeiing van die Kagera- en Ruvubu-riviere naby die Rusumo-waterval, tussen Rwanda en Tanzanië.
Die samevloeiing van die Kagera- en Ruvubu-riviere naby die Rusumo-waterval, tussen Rwanda en Tanzanië.

Die stroomgebied van die Kagerarivier.

Oorsprong Rwerumeer
op die grens tussen Burundi en Rwanda
Monding Victoriameer, naby Bukoba
Tanzanië
Stroomgebied Burundi, Rwanda, Uganda en Tanzanië
Lengte 400 km (250 myl)
Oorspronghoogte 1 350 m (4 429 vt)
Mondinghoogte 1 134 m (3 720 vt)
Stroomgebiedopp. 60 000 km²

Die Kagerarivier (Engels: Kagera River; Swahili: Mto Kagera), soms ook Akagerarivier genoem, vorm die begin van die Nylrivier se bo-loop en is met 'n lengte van 400 km die grootste invloei van die Victoriameer.[1]

Rusumo-watervalle (gesien vanaf Rwanda, oorkant Tanzanië). Op die agtergrond is die monding van die Ruvubu (links bo) in die Kagera (vloeirigting na links onder).

Die Kagerarivier ontstaan as uitvloei vanuit die Rwerumeer op die grens tussen Burundi en Rwanda, net noordoos van die Tanganjikameer. Aansluitend vloei die rivier in 'n oostelike rigting en vorm die grens tussen Rwanda in die noorde en Tanzanië in die suide. Verder oos begin die Kagerarivier in 'n noordelike rigting vloei tot by die drielandepunt tussen Rwanda, Uganda en Tanzanië. Hiervandaan vloei die rivier in 'n oostelike rigting op die grens tussen Uganda in die noorde en Tanzanië in die suide, maar later net suid van dié grens. Verder oos vloei die Kagerarivier naby Bukobain in die Victoriameer.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Tydens die Rwandese Volksmoord van 1994 is die Kagerarivier gebruik om van die lyke van duisende Tutsis en politieke gematigde Hutus wat langs die rivieroewers vermoor is, ontslae te raak. Die rivier het die liggame tot in die Victoriameer gespoel wat later 'n ernstige gesondheidsgevaar in Uganda sou veroorsaak.[2]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Stanley, H.M., 1899, Through the Dark Continent, London: G. Newnes, bl. 167, ISBN 0486256677
  2. Lorch, Donatella (21 Mei 1994). "Thousands of Rwanda Dead Wash Down to Lake Victoria". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019. Besoek op 5 April 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]