Kaliummetavanadaat
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kaliummetavanadaat |
IUSTC-naam | Kaliummetavanadaat |
Chemiese formule | KVO3 |
Molêre massa | 138,04 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 13769-43-2[2] |
Voorkoms | Gelerig wit vastestof[1] |
Reuk | Reukloos[2] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=570; b=1082; c=522 pm[3] |
Ruimtegroep | Pbcm[4] |
Nommer | 57 |
Smeltpunt | 520 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | Oplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 323 [mg/kg] (oraal; rot)[2] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kaliummetavanadaat is 'n sout van kalium en metavanadiumsuur, 'n oksosuur afgelei van vanadium in sy +5 oksidasietoestand. Dit het die chemiese formule KVO3.
Die sout is amfoteries en higroskopies.[1]
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Kaliummetavanadaat kistalliseer in 'n ortorombiese struktuur (a=570; b=1082; c=522 pm). Dit het ruimtegroep Pbcm D112h (57) en die pirokseenstruktuur. [4]
Dit het 'n monohidraat KVO3 wat 'n ander struktuur besit wat ook ortorombies is (Pnam; (62); a=815,1; 1358,6; c=369,7 pm). In albei strukture vorm die metavanadaat kettings van [VO4]-eenhede wat hoeke deel. In die hidraat is die eenheid egter 'n trigonale dipiramied met vyfvoudige koördinasie.[3]
Chemiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Kaliummetavanadaat kan verkry word deur vanadium(V)oksied (V2O5) in 'n verwarmde oplossing van kaliumhidroksied (KOH) op te los en die pH tussen 6,5 en 8 te hou. By afkoeling ontstaan naaldvormige kristalle van albei die vanadaat en sy hidraat afhankelik van die spoed waarmee dit afgekoel word. By 8<pH<10 ontstaan 'n pirovanadaat en by pH>10 die ortovanadaat KVO4.[3]
Gebruike
[wysig | wysig bron]Kaliummetavanadaat is 'n belangrike kommersiële produk. Dit word gebruik in die elektronika, katalise en materiaalkunde. Dit word as elektroliet in litiumbatterye aangewend.[1] Ander gebruike is as korrosie-inhibeerder en middel teen skaalvorming. Dit word wyd gebruik in chemiese kunsmisbedrywe, glas- en keramiekbedrywe en farmaseutiese industrieë. Dit word ook gebruik in die proses van pigmentproduksie vir plastiek, emalje, keramieke en vir industriële gasontzwaveling en H2S-adsorpsie en -eliminasie.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Potassium Vanadate". Londen Chemical & Resources Ltd.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 "Potassium metavanadate". Fisher.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 Christ, C.L., Clark, J.R. and Evans, H.T. (1954). "The crystal structure of potassium metavanadate monohydrate, KVO3.H2O". Acta Cryst. 7: 801–807. doi:10.1107/S0365110X54002496.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 4,0 4,1 Misra, N.K., Choudhary, R.N.P. & Yadav, K.L. (1995). "Structural, spectroscopic and dielectric properties of KVO3". Pramana - J Phys. 44: 219–224. doi:10.1007/BF02848473.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)