Kara Mustafa Pasha
Merzifonlu Kara Mustafa Pasha (Ottomaanse Turks: مرزيفونلى قره مصطفى پاشا; Turks: Merzifonlu Kara Mustafa Paşa; "Mustafa Pasha die Moedige van Merzifon"; 1634/1635 – 25 Desember 1683) was 'n militêre figuur, grootvisier en van Turkse oorsprong, wat 'n sentrale karakter in die Ottomaanse Ryk se laaste pogings tot uitbreiding in beide Sentraal- en Oos-Europa was.
Slag van Wene
[wysig | wysig bron]In 1683 het hy 'n veldtog noordwaarts tot in Oostenryk van stapel gestuur in 'n laaste poging om die Ottomaanse Ryk na meer as 150 jaar van oorlog uit te brei. Teen middel Julie het sy leër van 100 000 man Wene beleër (bewaak deur 10 000 Habsburgse soldate), in die voetspore van Suleiman die Manjifieke in 1529 gevolg. Teen September het hy 'n gedeelte van die mure geneem en blykbaar op pad te wees tot oorwinning.
Maar op 12 September 1683 het 'n Poolse leër onder koning Jan III Sobieski voordeel getrek uit onenigheid binne die Ottomaanse militêre bevel en swak ingesteldheid van sy troepe, en die Slag van Wene gewen met 'n verwoestende flankaanval gelei deur Sobieski se Poolse Gevleuelde Hussars. Die Ottomane het teruggetrek na Hongarye, waarvan baie later deur die Habsburgers en hul Heilige Liga-bondgenote verower is.
Die nederlaag het Mustafa sy posisie en uiteindelik sy lewe gekos. Op 25 Desember 1683 is Kara Mustafa in Belgrado op bevel van Mehmet IV tereggestel. Hy is terreggestel deur verwurging met 'n sykoord, wat die metode van doodstraf was wat hooggeplaastes in die Ottomaanse Ryk toegedien is. Sy laaste woorde was: "Moet ek sterf?" en "Soos God wil."[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ The Siege of Vienna, John Stoye, bl. 18.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Olnon, Merlijn (2003). "'A Most Agreeable and Pleasant Creature'? Merzifonlu Kara Mustafa Paşa in the Correspondence of Justinus Colyer (1668–1682)". Oriente Moderno. New Series. 22 (3): 649–669. doi:10.1163/22138617-08303006.