Kenya Airways

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kenia Airways
Kenya Airways Logo.svg
IATA
KQ
ICAO
KQA
Roepsein
KENYA
Gestig 22 Januarie 1977
Eerste vlug 4 Februarie 1977
Bedryfsbasisse Jomo Kenyatta Lughawe
Alliansie SkyTeam
Vlootgrootte 48
Bestemmings 65
Slagspreuk The Pride of Africa
Hoofkantoor Embakasi, Nairobi
Sleutelpersone Titus Naikuni (Hoofuitv. beampte)
Werknemers 4 006 (Junie 2013)
Webtuiste kenya-airways.com

Kenia Airways is die vlagdraer-lugredery van Kenia.[1] Die maatskappy is in 1977 gestig ná die ontbinding van East African Airways. Die redery se hoofkantoor is in Embakasi, Nairobi geleë,[2] met sy spilpunt by Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe.[3]

Die lugredery was 'n volfiliaal van die regering van Kenia tot in April 1995, waarna dit in 1996 geprivatiseer is, die eerste Afrika-vlagdraer om dit suksesvol te doen.[4] Kenia Airways is tans 'n openbare-private-vennootskap. Die grootste aandeelhouers is die regering van Kenia (29,8%) en KLM, wat 'n 26,73%-belang in die maatskappy hou. Die res van die aandele word deur private eienaars gehou; die aandele word op die Nairobi Effektebeurs, die Dar-es-Salaam Effektebeurs en die Ugandese Sekuriteitebeurs verhandel.[5][6]

Kenia Airways word as een van die voorste Sub-Sahara-operateurs beskou.[7] In Januarie 2013 beklee die redery die vierde posisie onder die top tien in Afrika volgens sitplekbesetting, na die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Ethiopian Airlines en EgyptAir.[8] Die lugredery is 'n volle lid van "SkyTeam" sedert Junie 2010, en is ook 'n lid van die Afrika-lugrederyvereniging sedert 1977.[9][10] Die maatskappy het 4 006 werknemers in Junie 2013 gehad.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. O'Keeffe, Niall (7 Augustus 2013). "Fire closes Nairobi's Jomo Kenyatta airport". Flightglobal. Flag carrier Kenya Airways has confirmed that all flights from the airport have been cancelled until further notice. 
  2. Kenya Contact Details”. Kenya Airways. URL besoek op 1 Augustus 2012.
  3. Kenya Airways”. SkyTeam.
  4. "Government now largest shareholder of Kenya Airways". "Sunday Nation". 7 Junie 2012. 
  5. Buyck, Cathy (1 November 2010). "Kenya Airways' Uplifting Mission". Air Transport World. Besoek op 2 Augustus 2012. 
  6. Lacey, Marc (24 Junie 2003). "New Products for Sale in Africa: Company Shares". "The New York Times". Besoek op 19 April 2012. 
  7. "Ethiopian Airlines distinguished with African Cargo Airline Award". "Sudan Tribune". 1 Maart 2011. 
  8. "Kenya Airways and Ethiopian Airways compete for Nairobi and Addis hub power as Gulf carriers expand". Centre for Aviation. 21 Januarie 2013. 
  9. History”. Kenya Airways. URL besoek op 6 Desember 2011.
  10. AFRAA Current Members”. African Airlines Association. URL besoek op 6 Desember 2011.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.