Kepler-186f

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kepler-186f
Eksoplaneet
Die grootte van Kepler-186f in vergelyking met dié van die Aarde.
Die grootte van Kepler-186f in vergelyking met dié van die Aarde.
Soort planeet Superaarde
Moederster Kepler-186
Ster se eienskappe
Sterrebeeld Swaan
Regte klimming 19h 54m 36.651s
Deklinasie +43° 57′ 18.06″
Skynmagnitude (m) 14,625
Afstand (ligjaar) 492
Metaalinhoud -0,28
Spektraaltipe M1V
Planeet
Radius 1,11 R
Wentelperiode 129,946 dae
Ontdekking
Datum 17 April 2014
Ontdekkers Kepler-ruimteteleskoop
Metode Oorgang
Status Gepubliseer
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Kepler-186f is ’n eksoplaneet wat om die rooidwergster Kepler-186 wentel.[1][2][3] Dit is sowat 500 ligjare van die Aarde af[4] en is die eerste eksoplaneet met ’n radius min of meer dié van die Aarde wat in die bewoonbare sone van ’n ander ster gevind is. Nasa se Kepler-ruimteteleskoop het dit bespeur met die oorgangsmetode, saam met vier ander planete wat nader aan die ster voorkom – hulle is almal effens groter as die Aarde.[5] Dit is op 17 April 2014 aangekondig[5] en daarna in die tydskrif Science gepubliseer.[4]

Kepler-186f wentel elke 129,9 dae om ’n ster met sowat 4% van die Son se ligsterkte. Dit kom voor aan die buitenste rand van die bewoonbare sone, soortgelyk aan die posisie van Mars in die Sonnestelsel.[4] Die enigste fisiese eienskap wat direk afgelei kan word van die waarnemings, is die radius van 1,11 keer dié van die Aarde.[2][5] Dit is dus sowat 11% groter. Dit beteken die totale oppervlakte van Kepler-186f is sowat 23% groter en die volume sowat 37% groter as die aarde s'n.

Bewoonbaarheid[wysig | wysig bron]

’n Kunstenaar se voorstelling van ’n aardgrootte-eksoplaneet in die bewoonbare sone van sy moederster. Dit stem min of meer ooreen met Kepler-186f se bekende data (Nasa/SETI/JPL).

Kepler-186f se ligging in sy ster se bewoonbare sone beteken nie noodwendig dat dit bewoonbaar is nie; dít hang ook af van sy atmosferiese eienskappe, wat onbekend is.[6] Die planeet is te ver om sy atmosfeer te bestudeer met bestaande teleskope of toekomstige teleskope soos die James Webb-ruimteteleskoop.[2][7] ’n Eenvoudige klimaatmodel – waarin die planeet se moontlike vlugtige stowwe beperk is tot stikstof, koolstofdioksied en water, sonder inagneming van wolke – dui daarop dat sy oppervlaktemperatuur bo 273 K (0 °C) kan wees.[8]

Die ster se vier ander sterre wat tot dusver ontdek is (b, c, d en e, volgens toenemende afstand van die ster af) is te naby aan die ster en dus te warm om vloeibare water te hê. Hulle het waarskynlik ’n sinchroniese rotasie, maar Kepler-186f is in ’n wyer wentelbaan, waar die ster se getykragte baie swakker is. Vanweë die stadige evolusie van rooidwerge is die Kepler-186-stelsel se ouderdom nie bekend nie, maar dit is waarskynlik ’n paar miljard jaar:[8] volgens onlangse studies sowat 4 miljard jaar.[9] Die kans dat dit ’n sinchroniese rotasie kan hê is sowat 50%.

Volgens ’n artikel van 2015 is Kepler-186f, Kepler-442b en Kepler-62f die waarskynlikste planete om lewe te huisves.[10] Studies in Junie 2018 het daarop gedui dat Kepler-186f dalk seisoene en ’n klimaat soortgelyk aan die Aarde s’n kan hê.[11][12]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Chang, Kenneth (17 April 2014). "Scientists Find an 'Earth Twin', or Maybe a Cousin". New York Times.
  2. 2,0 2,1 2,2 Chang, Alicia (17 April 2014). "Astronomers spot most Earth-like planet yet". Associated Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2014-04-18.
  3. Morelle, Rebecca (17 April 2014). "'Most Earth-like planet yet' spotted by Kepler". BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2014-04-18.
  4. 4,0 4,1 4,2 "Science, gratis weergawe" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 2014-04-18.
  5. 5,0 5,1 5,2 Johnson, Michele; Harrington, J.D. (17 April 2014). "NASA's Kepler Discovers First Earth-Size Planet In The 'Habitable Zone' of Another Star". Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2014-04-17.
  6. Clark, Stephen (17 April 2014). "Earth's 'cousin' planet lies 500 light-years away". Spaceflight Now. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2014-04-18.
  7. Greenfieldboyce, Nell (17 April 2014). "Scientists Spot A Planet That Looks Like 'Earth's Cousin'". National Public Radio. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2014-04-18.
  8. 8,0 8,1 (27 Augustus 2014) “Formation, tidal evolution and habitability of the Kepler-186 system”. The Astrophysical Journal 793 (1): 3. doi:10.1088/0004-637X/793/1/3.
  9. "Kepler-186 f". NASA Exoplanet Archive. Besoek op 19 Julie 2016.
  10. Paul Gilster, Andrew LePage (2015-01-30). "A Review of the Best Habitable Planet Candidates". Centauri Dreams, Tau Zero Foundation. Besoek op 2015-07-24.
  11. Mack, Eric (29 Junie 2018). "Two Earth-like exoplanets (Kepler 186f and Kepler 62f) now even better spots to look for life – Two of the earliest Earth-ish exoplanet finds are now more exciting targets in the search for habitable worlds beyond this rock". CNET. Besoek op 29 Junie 2018.
  12. Shan, Yutong (2018-05-16). “Obliquity Variations of Habitable Zone Planets Kepler-62f and Kepler-186f”. The Astronomical Journal 155 (6): 237. doi:10.3847/1538-3881/aabfd1.

Koördinate: Sky map 19h 54m 36.651s, +43° 57′ 18.06″

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]