Khoisan-tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Khoisan-tale
Geografiese
verspreiding:
Kalahari-woestyn en sentrale Tanzanië
Genetiese
klassifikasie
:
Khoisan
 Khoisan-tale
Onderafdelings:
Khoisan languages historical.PNG

Historiese verspreiding van Khoisan-tale

Die Khoisan-tale word in geel aangedui

Die Khoisan-tale is 'n taalgroep wat klikgeluide gebruik en nie tot die Afro-Asiatiese, Niger-Kongo- of Nilo-Sahariese tale behoort nie. Hulle is oorwegend in Suider-Afrika met Angola, Botswana, Namibië en Suid-Afrika asook in Tanzanië versprei. Die Khoisan-tale vorm geen genetiese eenheid (taalfamilie) nie, maar bestaan uit minstens drie taalfamilies en sommige geïsoleerde tale.

Khoisansprekende volke sluit in die Khoikhoi, San, Damaras en Namas, waarvan die laaste twee Nama as moedertaal gebruik. In Tanzanië word daar ook die Hadza en Sandawe aangetref.[1]

Voor die migrasie van die Bantoevolke het Khoisanvolke ook in verder noordelike dele van Afrika gewoon.[2] Van die Khoisan het sommige Bantoetale se klikgeluide oorgeneem, maar hulle word nie tot die Khoisan-tale gereken nie, omdat hulle tot 'n ander taalfamilie behoort. Bekende voorbeelde hiervan is tale soos Noord-Ndebele, Suid-Ndebele, Swazi, Xhosa en Zoeloe (almal tale binne die Nguni-taalfamilie).

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Barnard, A. (1988) 'Kinship, language and production: a conjectural history of Khoisan social structure', Africa: Journal of the International African Institute 58 (1), 29–50.
  2. (en) Güldemann, Tom en Edward D. Elderkin (forthcoming) 'On external genealogical relationships of the Khoe family.' In Brenzinger, Matthias and Christa König (eds.), Khoisan Languages and Linguistics: the Riezlern Symposium 2003. Quellen zur Khoisan-Forschung 17. Köln: Rüdiger Köppe.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Taalfamilies
 Afro-Asiatiese tale Austronesiese tale Kartweliese tale Niger-Kongo-tale Sino-Tibettaanse tale
 Altaïese tale Drawidiese tale Khoisan-tale Nilo-Sahariese tale Tai-Kadai-tale
 Amerindiese tale Eskimo-Aleoetiese tale Mayaanse tale Oeraalse tale Turkse tale
 Austro-Asiatiese tale Indo-Europese tale Na-Dené-tale Papoea-tale Uto-Asteekse tale
 Gebaretale Isolate Kreools Kunsmatige tale Pidgin