Klaus Ebner

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Klaus Ebner (2008)

Klaus Ebner (Wene, 8 Augustus 1964) is 'n Oostenrykse skrywer van prosa, poësie en essays. Hy vertaal ook Franse en Katalaanse werke na Duits. In die jare '80 skryf hy boeke oor sagteware en literêre tekste in tydskrifte. Sy eerste bundel kort stories word in 2007 gepubliseer. Die outeur skryf poësie in Duits en Katalaans.

Lewe[wysig]

Klaus Ebner studeer Romaanse en Duitse filologie en vertaling.[1] Hy begin onmiddellik na sy skooltyd kortverhale, poësie en hoorspele te skrywe. In die jare '90 skryf hy hoofsaaklik artikels en boeke oor sagteware en rekenaarnetwerke.[2] Die eerste van hierdie boeke, oor die teksverwerker WordPerfect, word na Nederlands vertaal.[3] Daarna werk hy vir 'n Weense literêre tydskrif.[4]

Na die jaar 2004 publiseer hy meer dikwels.[5] Vandag is Klaus Ebner 'n outeur van verhalende fiksie (roman, novelle, kortverhale), essays en poësie. Gesteun deur 'n subsidie vir letterkunde van die Oostenrykse owerheid, gaan hy in 2007 na Andorra en skryf 'n essay oor die land in die Pireneë.[6]

Sy werk weerspieël die bewussyn van multikulturele maatskappye, die saamhorigheid van verskillende mentaliteite, tale, volkere en godsdienste.[7] Die tolerantie speel 'n belangrike rol. In 2008 ontvang Klaus Ebner die Wiener Werkstattpreis. Die wenende novelle Der Flügel Last (Die last van vleugels) beskryf 'n sewejarig meisie wat aan kanker ly. Die verhalende styl roep die perspektief van het kind op. Die wenende essay Was blieb vom Weißen Ritter? gee insig in die middeleeuse roman Tirant lo Blanch van die uit Valencia afkomstige outeur Joanot Martorell. Die skrywer vermeng sy eie leserservaring met filologische en historiese informasie.[8]

Hy woon en werk in Wene en is lid van die Oostenrykse skrywersorganisasies Grazer Autorenversammlung[9] en Österreichischer Schriftstellerverband.

Pryse[wysig]

  • 1982: Erster Österreichischer Jugendpreis vir Das Brandmal
  • 1984: Hoorspelprys van die literair tydschrift Texte (3.)
  • 1988: Erster Österreichischer Jugendpreis vir Nils
  • 2004: La Catalana de Lletres 2004, in die bloemlezing van die poësieprys (Barcelona)
  • 2005: Feldkircher Lyrikpreis (4.), poësieprys
  • 2007: Menzione, Premio Internazionale di Poesia (Reggio Calabria), poëzieprys
  • 2007: Reisstipendium vir letterkunde van Oostenryk
  • 2007: Wiener Werkstattpreis
  • 2008: Arbeidsstipendium van die Oostenrykse regering

Publikasies[wysig]

Boeke (fiksie)[wysig]

Ander werk (seleksie)[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Sien die biografie in die boek Auf der Kippe, Arovell Verlag 2008, p. 139.
  2. Die uitgewers van sy sagtewareboeke was Data Becker, Markt & Technik, IWT, TEWI en Microsoft Press in Duitsland.
  3. Ebner, Klaus: WordPerfect Know-How, Data Becker 1989/1990.
  4. Hy was redakteur en medewerker van die tydskrif Texte.
  5. Sien die publikasielys op die amptelike tuisblad www.klausebner.eu wat die publikasiejare wys.
  6. Sien die biografie in die boek Auf der Kippe, Arovell Verlag 2008, p. 139.
  7. Sien verhale Notruf (noodoproep), Momentaufnahme (momentopname) en Der Pflegling (die pleegzoon) in: Ebner, Klaus: Lose, Neckenmarkt 2007.
  8. Beide tekste sy gepubliseer in die Brochure van die Prys Schaden, Peter (red.): wordshop x, FZA Verlag, Wene 2008.
  9. Sien die inleiding oor die outeur op die webwerf van Grazer Autorenversammlung.

Eksterne skakels[wysig]