Prosa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Prosa is ʼn vorm van taal wat gebruik maak van gewone sinsbou en natuurlike vloei van spraak eerder as ritmiese strukture (soos tradisionele poësie). Hoewel daar kritieke debatte heers oor die samestelling van prosa, het sy losgedefinieerde struktuur en eenvoud gelei tot die aanneming daarvan deur die meeste gesproke tale, feitlike diskoers, asook aktuele en fiktiewe skryfwerk. Dit word byvoorbeeld algemeen gebruik in literatuur, koerante, tydskrifte, ensiklopedieë, uitsendings, rolprente, geskiedenis, filosofie, regte en vele ander vorme van kommunikasie.

Struktuur[wysig]

Prosa bevoordeel die meer informele metriese struktuur van verse wat omtrent altyd in tradisionele digkuns gevind kan word. Gedigte bevat normaalweg ʼn metrum- en/of rymskema. Prosa, daarteenoor, bestaan uit volledige grammatikale sintaksis, wat paragrawe tot gevolg het en estetiese aantreklikheid laat vaar. Sommige prosawerke bevat tekens van metriese struktuur of versbou en ʼn doelbewuste vermenging van die twee vorme staan bekend as prosagedig. Net so staan enige verswerk met meer reëls en beperkings bekend as vrye vers. Die siening heers dat vers meer sistematies of formulegebonde is, terwyl prosa meer verteenwoordigend is van gewone (dikwels gesellige) spraak. Samuel Taylor Coleridge het spottenderwys om hierdie punt versoek dat nuwelingdigters die definisies van prosa en digkuns moet verstaan: "definitions of prose and poetry; that is, prose,—words in their best order; poetry,—the best words in their best order."[1] In Molière se opvoering Le Bourgeois gentilhomme, vra Monsieur Jourdain dat iets geskryf moet word maar nie in vers of in prosa nie. ʼn Filosofiemeester antwoord dat "daar geen ander manier is om jouself uit te druk as met prosa en vers nie, " vir die eenvoudige rede dat "alles wat nie prosa is nie is vers, en alles wat nie vers is nie is prosa."[2]

Soorte[wysig]

Daar is heelwat soorte prosa, insluitend nie-fiksie prosa, epiese prosa, prosadig, polifoniese prosa, allitererende prosa, prosafiksie en dorpsprosa volgens Russiese letterkunde.[3] ʼn Prosagedig is ʼn prosakomposisie wat sekere eienskappe van ʼn gedig het.[4]

Verwysings[wysig]

  1. Webster's Unabridged Dictionary (1913)”. University of Chicago reconstruction.. URL besoek op 2010-01-31.
  2. Le Bourgeois Gentilhomme”. English translation accessible via Project Gutenberg. URL besoek op 2010-01-31.
  3. Prose”. Britannica.com. URL besoek op 2012-05-27.
  4. Prose poem”. Merriam-Webster. URL besoek op 2012-05-27.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.