Klavierconcerto nr. 7 (Mozart)
Konsert vir drie klaviere | |
---|---|
| |
deur W. A. Mozart | |
Fortepiano deur Johann Andreas Stein (Augsburg, 1775) – Berlyn, Musikinstrumenten-Museum | |
Toonaard | F-majeur |
Katalogus | K. 242 |
Gekomponeer | 1776, gewysig. 1780 |
Bewegings | Drie (Allegro, Adagio, Rondo: Tempo di minuetto) |
Partituur |
|
Die Konsert vir drie klaviere en orkes in F-majeur, nr. 7, K. 242 is een van drie klavierkonserte wat Wolfgang Amadeus Mozart in 1776 op die ouderdom van 20 gekomponeer het. Die oorspronklike weergawe, wat in Februarie 1776 voltooi is, is vir drie klaviere geskryf. Hy het dit in 1780 in Salzburg egter vir twee klaviere herskryf, en dit is gewoonlik hierdie nuwer weergawe wat vandag opgevoer word.
Die konsert word "Lodron" genoem omdat dit in opdrag van grafin Antonia Lodron vir haar en haar twee dogters, Aloysia en Giuseppa, geskryf is.
Die partituur is geskryf vir drie soloklaviere, twee hobo's, twee natuurhorings, en strykinstrumente.
Die konsert bestaan uit drie bewegings:
- Allegro
- Adagio
- Rondo: Tempo di minuetto
Cuthbert Girdlestone bespreek hierdie konsert in sy Mozart and his Piano Concertos. Hy vergelyk een van die temas uit die stadige beweging met soortgelyke temas wat in latere konserte in 'n meer ontwikkelde vorm verskyn – veral Klavierkonsert nr. 25.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Girdlestone, Cuthbert. Mozart and his Piano Concertos. 2nd uitgawe. 1952: Norman, University of Oklahoma Press. Heruitgegee deur Dover Publications, 1964, ISBN 0-486-21271-8.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Konsert in F vir drie respektiewelik twee klaviere ("Lodron-konsert"), K. 242: Partituur en kritiese verslag (de) in die Neue Mozart-Ausgabe
- Klavierkonsert nr. 7: Partituur op die International Music Score Library Project
- ArtikelAlfred Einstein se Mozart: His Character, His Work word aangehaal. Einstein bespreek die werk kortliks – twee lyne uit twee bladsye – en hy verwerp dit as een van Mozart se mindere konserte met klavier.
- Morrison, Michael. Konsert vir drie of twee klaviere en orkes in F-majeur ("Lodron," "Konsert nr. 7"), K. 242 by AllMusic