Klavierkonsert nr. 5 (Mozart)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Klavierkonsert in D majeur
Nr. 5
deur W. A. Mozart
Martini bologna mozart 1777.jpg
Die jong komponis, 'n 1777-kopie van 'n verlore skildery
Toonaard D majeur
Katalogus K. 175
Gekomponeer 1773
Bewegings Drie (Allegro, Andante ma un poco adagio, Allegro)
Partituur
  • Klavier
  • orkes

Klavierkonsert nr. 5 in D majeur, K. 175, is 'n klavierkonsert wat deur die 17-jarige Wolfgang Amadeus Mozart in 1773 gekomponeer is. Dit is Mozart se eerste oorspronklike klavierkonsert; sy vorige pogings is gebaseer op ander komponiste se werke. Klavierkonsert nr. 5 was een van Mozart se gunsteling konserte. Dit word in baie van sy briewe na verwys[1] en hy het dit opgevoer tot en met die jaar van sy dood.

Instrumente[wysig | wysig bron]

Die partituur is geskryf vir twee hobo's, twee Franse horings, twee trompette, timpani, en strykinstrumente. Die trompette en timpani is afwesig in die tweede beweging. Dit was Mozart se enigste konsert met trompette en timpani tot en met Klavierkonsert nr. 10, K. 365.

Bewegings[wysig | wysig bron]

Die konsert bestaan uit drie bewegings:

  1. Allegro
  2. Andante ma un poco adagio (in G majeur)
  3. Rondo: Allegro

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Hutchings (sien bronnelys), p. 49-50.

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Hutchings, A. 1997. A Companion to Mozart's Piano Concertos, Oxford University Press. ISBN 0-19-816708-3

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]