Kliënt (rekenaar)
Voorkoms
In die kliënt-bediener argitektuur stel die kliënt die rekenaar of program voor wat die inisiatief neem om met die bediener te kommunikeer. Die doel van die kommunikasie is tipies:
- vra gegewens aan
- naslaan of oordrag van gegewens
- bewerkstellig 'n toestandsverandering in die uitvoering van 'n protokol
- voer 'n aksie op die bediener uit
Soms word diverse kliënte in een sagtewarepakket gekombineer. Mozilla bestaan byvoorbeeld onder meer uit 'n webblaaier-kliënt, e-posleser-kliënt en IRC-kliënt.
Voorbeelde van kliënte (in die sin van kliëntprogramme)
[wysig | wysig bron]- E-poskliënte
- Webbladlesers
- SSH-kliënte
- Nuus-kliënte
- Databasis-kliënte
- Telnet-kliënte
- FTP-kliënte
- Weergawebeheer-kliënte