Koesjitiese tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Koesjitiese tale
Geografiese
verspreiding:
Horing van Afrika
Genetiese
klassifikasie
:
Afro-Asiaties
 Koesjitiese tale
Onderafdelings:
Beja (Noord)?
Sentraal-Koesjities (Agaw)
Dullay?
Hoogland-Oos-Koesjities (Sidamies)
Laagland-Oos-Koesjities
Suid-Koesjities?
Cushitic map.svg

Verspreiding van Koesjitiese tale

Die Koesjitiese tale vorm 'n tak binne die Afro-Asiatiese tale wat hoofsaaklik aan die Horing van Afrika (Somalië, Eritrea, Djiboeti en Ethiopië) sowel as die Nylrivier se vallei (Soedan en Egipte) en dele van die Groot Mere van Afrika (Tanzanië en Kenia) gepraat word. Dié taalgroep is ná Koesj, 'n figuur uit die Bybel genoem wat as voorvader van die tale se sprekers beskou word.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Oromo (18 miljoen), Somalies (15 miljoen), Sidamo (3 miljoen), Afar (1,5 miljoen) en Beja (1,2 miljoen). Somalies wat saam met Arabies die amptelike tale van Somalië vorm, is die enigste van die Koesjitiese tale wat ampstaalstatus in 'n land geniet. Saam met Afar is Somalies ook een van Djiboeti se erkende nasionale tale.

Verspreiding van Koesjitiese tale
Voorgestelde klassifikasie van Koesjities en sy onderafdelings
Greenberg (1963) Newman (1980) Fleming (na-1981) Ehret (1995)
  • Afro-Asiaties
    • Koesjities
      • Noord-Koesjities
        (gelyk aan Beja)
      • Sentraal-Koesjities
      • Oos-Koesjities
      • Suid-Koesjities
  • Afro-Asiaties
    • Koesjities

(uitgesluit Omoties)

  • Afro-Asiaties
    • Omoties
    • Erythraeaans
      • Koesjities
      • Ongota
      • Nie-Ethiopies
        • Beja
  • Afro-Asiaties
    • Koesjities
      • Beja
      • Agaw
      • Oos-Suid-Koesjities
        • Oos-Koesjities
        • Suid-Koesjities
Orel & Stobowa (1995) Diakonoff (1996) Militaref (2000) Ethnologue (2013)
  • Afro-Asiaties
    • Koesjities
      • Omoties
      • Beja
      • Agaw
      • Sidamies
      • Oos-Laagland
      • Rift
  • Afro-Asiaties
    • Oos-Wes-Afrasiaans
      • Koesjities

(sluit nie Omoties in nie)

  • Afro-Asiaties
    • Suid-Afrasiaans
      • Omoties
      • Koesjities
  • Afro-Asiaties
    • Koesjities
      • Sentraal
      • Oos
      • Noord
      • Suid

Bronne[wysig | wysig bron]

  • (en) Lamberti, Marcello. 1991. Cushitic and its classification. Anthropos 86(4/6):552-561.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koesjitiese tale.
  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Cushitic". Ethnologue. Besoek op 22 Augustus 2020.
  • (en) "Cushitic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 22 Augustus 2020.