Koninklike Saoedi Lugmag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Koninklike Saoedi Lugmag
القوات الجوية الملكية السعودية
Vaandel van die Koninklike Saoedi Lugmag
Vaandel van die Koninklike Saoedi Lugmag
Gestig 1920
Land Saoedi-Arabië
Onderdeel van Saoedi-Arabiese Gewapende Magte
Tipe Lugmag
Rondeel Roundel of Saudi Arabia.svg
Spesialisasie Lugoorlogvoering
Hooftitel Hoof van Lugstaf
Hoofnaam Lt. Generaal Mohammed bin Ahmed Alshaa'lan
Aantal lede 522 vliegtuie[1]
Veldslae The Tanker War
  • Persiese Golfoorlog
  • Operation Desert Shield
  • Battle of Khafji
  • Operation Desert Storm
  • Intervensie teen ISIL
  • Shia-insurgensie in Jemen

Die Koninklike Saoedi Lugmag (Arabies: القوات الجوية الملكية السعودية, Engels: Royal Saudi Air Force), is die lugvaarttak van die Saoedi-Arabiese gewapende magte. Die RSAF het van 'n hoofsaaklik verdedigende militêre mag ontwikkel tot een met 'n gevorderde slaanvermoë. Die Saoedi Lugmag onderhou die derde grootste vloot van F-15s na die Amerikaanse Lugmag en die Japan Air Self-Defense Force.

Die ruggraat van die Koninklike Saoedi Lugmag is tans die F-15 Eagle, met die Panavia Tornado ook 'n belangrike komponent. Die Tornado, Hawk en vele ander vliegtuie is gelewer onder die Al Yamamah-kontrakte met British Aerospace (nou BAE Systems). Die Saoedi Lugmag het verskeie wapens in die 1990's bestel, insluitende Sea Eagle anti-skeepsmissiele, lasergeleide bomme en swaartekragbomme. Volgens Al-Salam, 'n opvolger van die Al Yamamah-ooreenkoms, sal 72 Eurofighter Typhoons binnekort deur BAE afgelewer word.

Galery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.