Koup

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Koup is 'n streek in die Karoo. Die streek is veral vir skaapboerdery bekend, maar daar word ook met olywe, uiesaad, vrugtebome en volstruise geboer. Sy eerste geskiedenis is verweef met veeboere wat tussen 1750 en 1760 hier aangekom het. Ene mnr. P.E. Kruger het in 1755 van die eerste weilisensies gekry, maar permanente inwoners was jare lank skaars omdat droogtes en inheemse Khoi-stamme die lewe moeilik gemaak het.

Die naam van die distrik kom waarskynlik van 'n Khoi-woord, houp, of "maagvet". Volgens oorlewering hou dit verband daarmee dat skape in dié streek so vet kan word en omdat die geil, blink gras ná 'n goeie reënseisoen soos die binnevet van 'n skaap lyk.

Nedersettings[wysig | wysig bron]

Dorpe in die Koup is:

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • le Roux, P.J.: uit die Koup - 'n outobiografie van 'n seun wat in die Koup grootgeword het. Stellenbosch: De Oewer Uitgewers, 2003.

Sien ook[wysig | wysig bron]