Matjiesfontein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Matjiesfontein
'n Straat in Matjiesfontein.
'n Straat in Matjiesfontein.
Ligging van Matjiesfontein op 'n kaart (Wes-Kaap)
Matjiesfontein
Matjiesfontein
Koördinate: 33°13′0″S 20°35′0″O / 33.21667°S 20.58333°O / -33.21667; 20.58333Koördinate: 33°13′0″S 20°35′0″O / 33.21667°S 20.58333°O / -33.21667; 20.58333
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Sentraal Karoo
Plaaslike Munisipaliteit Laingsburg
Oppervlak
 - Dorp 1,22 km²  (0,5 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 422
 - Digtheid 346/km² (896,1/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6901
Skakelkode(s) 023
Lord Milner-hotel

Matjiesfontein is 'n nedersetting in die Victoriaanse boustyl in die hartland van die Karoo, sowat 100 kilometer noordoos van Worcester. Die dorp in die huidige Suid-Afrikaanse provinsie Wes-Kaap, wat aanvanklik net 'n stilhouplek langs die spoorlyn was, waar stoomlokomotiewe van vars water voorsien is, is in 1884 deur die Britse immigrant James ("Jimmy") Douglas Logan gestig. In 1889 het Logan 'n mineraalwaternywerheid op die dorp opgerig en water en ander verversings aan treinpassasiers verkoop.

Logan se bekende Lord Milner-hotel is in 1899 opgerig. Die lug van die Karoo-halfwoestyn is destyds ook as baie geskik geag vir die behandeling van longsiektes, maar só het Matjiesfontein toe vinnig ook bekende persoonlikhede soos Cecil Rhodes, die skryfster Olive Schreiner, wat tussen 1890 en 1892 op die dorp gewoon het, Edgar Wallace, lord Randolph Churchill en Rudyard Kipling.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) het Logan se hotel as 'n Britse militêre hospitaal gedien. Met Jimmy Logan se afsterwe in 1920 raak Matjiesfontein uit die mode. Eers in 1968 herleef die dorpie met die heropening van die hotel. In 1970 is Matjiesfontein tot nasionale monument verklaar.

Matjiesfontein met sy gerestoureerde stasie en 'n nuwe konferensiesentrum is deesdae weer 'n gewilde bestemming vir welgestelde Kapenaars. Die N1 nasionale pad gaan naby die dorp verby.

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • Allen, Dean: Empire, war & cricket in South Africa. Logan of Matjiesfontein. Kaapstad: Zebra Press, 2015. ISBN 978-1-77022-847-4

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]