Krystian Zimerman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Krystian Zimerman, 2004

Krystian Zimerman (gebore op 5 Desember, Zabrze) is 'n Poolse pianis en dirigent wat al beskryf is as een van die beste lewende pianiste.[1][2] Hy het in 1975 die 9de Internasionale Chopin Klavierkompetisie gewen.

Biografie[wysig | wysig bron]

Zimerman was in Zabrze, in die destydse kommunistiese Pole gebore en het by die Karol Szymanowski Musiekakademie in Katowice onder Andrzej Jasiński gestudeer. Sy loopbaan was 'n hupstoot gegee toe hy die 1975 Warskou Internasionale Chopin Klavierkompetisie gewen het. Hy het in 1976 saam met die Berlynse Filharmoniese Orkes onder Herbert Blomstedt gespeel[3] en het in 1979 sy debuut in die VSA gemaak saam met die New York Filharmoniese Orkes. Hy het wyd getoer en 'n aantal opnames gemaak. Sedert 1996 gee hy onderrig in klavier by die Musiekakademie in Basel, Switserland. Zimerman het in 1999 die Poolse Fees-orkes geskep om die 150ste jaar sedert Frédéric Chopin se dood te gedenk.[4]

Zimerman[5] is die beste bekend vir sy interpretasies van Romantiese musiek alhoewel hy 'n wye varieteit klassieke stukke speel. Hy is ook 'n ondersteuner van hedendaagse klassieke musiek. Witold Lutosławski het bv. sy klavierconcerto vir Zimerman geskryf, wat dit later twee keer opgeneem het. Van sy bes bekende opnames is die klavierconcertos van Grieg en Schumann met Herbert von Karajan; die Brahms concertos met Leonard Bernstein, die klavierconcertos van Chopin, een wat deur Carlo Maria Giulini gedirigeer is en die latere opname wat deur homself by die klavier gedirigeer is; die Derde, Vierde en Vyfde Klavierconcertos van Beethoven onder Bernstein (Zimerman lei self die Weense Filharmoniese Orkes van die klavier af in Beethoven se Eerste en Tweede Concertos); die eerste en tweede klavierconcertos van Rachmaninoff; die klavierconcertos van Liszt met Seiji Ozawa, die klavierconcertos van Ravel met Pierre Boulez, en solo klavierstukke deur Chopin, Liszt, Debussy en Schubert. In 2006 het Zimerman Brahms se Klavierconcerto No. 1 met die Berliner Philharmoniker, gedirigeer deur Simon Rattle, opgeneem. (DG 477 5413; Limited Edition DG 477 6021).

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "In praise of ... Krystian Zimerman". The Guardian (in Engels). Londen. 29 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2020. Besoek op 29 April 2009.
  2. Swed, Mark (27 April 2009). "Review: Krystian Zimerman's controversial appearance at Disney Hall". Los Angeles Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2019. Besoek op 29 April 2009.
  3. Berliner-Philharmoniker.de. "Berliner Philharmoniker Blomstedt-Thielemann-Kavakos". Berliner-philharmoniker.de (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2016. Besoek op 15 September 2016.
  4. Culture.pl (15 Oktober 2015). "Krystian Zimerman - Biography | Artist". Culture.pl (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2019. Besoek op 28 Oktober 2015.
  5. Jean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, "Solo nec plus ultra", Neva Éditions, 2015, p.50. ISBN 978 2 3505 5192 0.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]