KwaDukuza

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
KwaDukuza
Stanger
Gedenkteken vir Shaka in KwaDukuza
Gedenkteken vir Shaka in KwaDukuza
Ligging van KwaDukuza op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
KwaDukuza
KwaDukuza
 KwaDukuza se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°20′00″S 31°17′30″O / 29.33333°S 31.29167°O / -29.33333; 31.29167Koördinate: 29°20′00″S 31°17′30″O / 29.33333°S 31.29167°O / -29.33333; 31.29167
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distrik iLembe
Munisipaliteit KwaDukuza
Stigting 1825 as Dukuza, 1873 as Stanger[1]
Oppervlak[2]
 - Stad 32,37 km²  (12,5 vk m)
Bevolking (2011)[2]
 - Stad 51 536
 - Digtheid 1 592/km² (4 123,3/myl2)
Rasverdeling (2011)[2]
 • Blank 0,7%
 • Indiër/Asiër 43,7%
 • Kleurling 1,9%
 • Swart 53,0%
 • Ander 0,7%
Taal (2011)[2]
 • Engels 47,7%
 • Zoeloe 46,1%
 • Xhosa 1,4%
 • Ander 4,8%
Poskode (strate) 4449
Poskode (posbusse) 4450

KwaDukuza (amptelike naam) of Stanger is 'n dorp in die ooste van Suid-Afrika, in KwaZulu-Natal. Die naam van die dorp is in 2006 amptelik gewysig na KwaDukuza.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Standbeeld van Albert Luthuli in KwaDukuza

Die huidige dorp is in 1873 gestig en vernoem na William Stanger, die eerste landmeter-generaal van Natal.

Zoeloegeskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp speel 'n belangrike rol in die Zoeloes se geskiedenis. Shaka, die groot krygerkoning het twee koninklike krale gebou het wat albei kwaBulawayo (die plek van die een wat vervolg is) genoem was. Hy het ook 'n hoofstad hier gebou wat hy kwaDukuza (plek van die verlorene) genoem het. Daar was ongeveer 2 000 tradisionele hutte in die hoofstad. Shaka is op 22 September 1828 vermoor deur sy twee halfbroers, Mhlangane en Dingane. Hy is hier begrawe en in 1932 het die Zoeloes 'n gedenkteken vir hom opgerig. Die Zoeloes vier jaarliks op 24 September Shakadag.

Distrik[wysig | wysig bron]

Die dorp is 'n kommersiële sentrum vir een van die grootste suikerplantasies in die land.

Susterstede[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "KwaDUKUZA / STANGER – A History". sahistory.org. Verkry op 31 Augustus 2009. 
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 "Hoofplek KwaDukuza". Sensus 2011. 
  3. (de) "Neue Städtepartnerschaft mit KwaDukuza". Allgemeine Zeitung. 13 Maart 2014. Verkry op 14 Maart 2014.