Tugela
Voorkoms
Tugela | |
---|---|
Koördinate: 29°11′S 31°25′O / 29.183°S 31.417°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | iLembe |
Munisipaliteit | Mandeni |
Oppervlak | |
• Totaal | 15,61 km2 (6,03 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 10 492 |
• Digtheid | 672/km2 (1 740/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 13.2% |
• Bruin mense | 2.1% |
• Swart mense | 84.1% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 78.0% |
• Engels | 16.7% |
• Gebaretaal | 1.3% |
• Ndebele | 1.2% |
• Ander | 2.8% |
Poskode (strate) | 4451 |
Tugela is 'n nedersetting aan die suidelike oewer van die Tugelarivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die R102-hoofpad gaan by die dorp verby.
Landmerke
[wysig | wysig bron]Daar is twee historiese landmerke in die omgewing. Die eerste is die oorblyfsels van Fort Pearson bo-op 'n heuwel. Die fort is na kol. C.K. Pearson vernoem. Die tweede is die Ultimatumboom, 'n wildevy. Onder hierdie boom het die Britse kommissarisse onder leiding van John Shepstone op 11 Desember 1878 'n ultimatum aan die Zoeloekoning Cetshwayo gestel. Een van die eise was onderwerping van die Zoeloes aan Britse gesag. Die Zoeloes het die ultimatum verwerp, wat gelei het tot die Anglo-Zoeloe-oorlog.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Tugela". Sensus 2011.