Laura Bassi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Laura Bassi

Laura Maria Caterina Bassi (29 Oktober 1711 - 20 Februarie 1778) was 'n Italiaanse fisikus en akademikus. Sy is erken en uitgebeeld as 'Minerva' (godin van wysheid), en was die tweede vrou in die wêreld wat die graad Doktor in die Filosofie verwerf het (na die filosoof Elena Cornaro Piscopia, wat in 1678 'n doktorsgraad behaal het) en die eerste vrou wat 'n doktorsgraad in die wetenskap verwerf.[1][2] Toe sy aan die Universiteit van Bologna gewerk het, was sy ook die eerste vroulike dosent aan 'n universiteit. Sy was op 'n tyd die bes betaalde werknemer daar. Sy word uiteindelik die tweede vroulike universiteitsprofessor in die wêreld na Bettisia Gozzadini.[3] Sy was ook die eerste vrouelid van enige wetenskaplike instelling toe sy in 1732 tot die Akademie vir Wetenskappe van die Instituut van Bologna verkies is.

Bassi het geen formele opleiding gehad nie en is privaat onderrig van vyf tot twintig. Tóé was sy goed vertroud met alle belangrike vakgebiede, insluitende wetenskappe en wiskunde. Prospero Lambertini, die aartsbiskop van Bologna (later pous Benedictus XIV), het haar beskermheer geword. Met die reëling van Lambertini verdedig sy op 17 April 1732 in die openbaar nege-en-veertig proefskrifte voor professore van die Universiteit van Bologna, waarvoor sy op 12 Mei 'n doktorsgraad verwerf. 'n Maand later is sy deur die universiteit aangestel as die eerste vroulike dosent, alhoewel sy beperk was om klasse vir slegs mans te gee. Lambertini, destyds die pous, het haar gehelp om toestemming te kry vir privaatklasse en eksperimente, wat die universiteit in 1740 verleen het.

Bassi het die belangrikste advokaat van Newtonse meganika in Italië geword.[1] Sy is in 1745 deur die pous opgeneem in die Benedettini (soortgelyk aan die moderne Pouslike Akademie vir Wetenskappe) as 'n bykomende lid. Sy het in 1776 die leerstoel vir eksperimentele fisika opgeneem, wat sy tot haar dood beklee het. Sy word by die Kerk van Corpus Domini, Bologna, begrawe.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Findlen, Paula (1993). "Science as a career in Enlightenment Italy: The strategies of Laura Bassi". Isis (in Engels). 84 (3): 441–69. doi:10.1086/356547. JSTOR 235642. S2CID 144024298.
  2. Frize, Monique (2013), "Famous Women in Science in Laura Bassi's Epoch" (in en), Laura Bassi and Science in 18th Century Europe (Springer Berlin Heidelberg): pp. 137–62, doi:10.1007/978-3-642-38685-5_10, ISBN 978-3-642-38684-8, http://link.springer.com/10.1007/978-3-642-38685-5_10, besoek op 2020-05-22 
  3. Laura Bassi at Encyclopedia.com

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]