Ledumahadi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ledumahadi
Tydperk: Vroeë Jura 200–195 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Sauropsida
Superorde: Dinosauria
Orde: Saurischia
Suborde: Sauropodomorpha
Familie: Lessemsauridae
Genus: Ledumahadi
(McPhee et al., 2018)
Tipe-spesie
L. mafube

Ledumahadi is ’n genus souropode-dinosourusse uit die Vroeë Jura wat in die Elliot-formasie in die Vrystaat, Suid-Afrika, ontdek is en waarskynlik sowat 200 miljoen jaar gelede in die gebied om Clarens voorgekom het.[1] Die tipe-spesie en enigste spesie is L. mafube, wat bekend is van ’n enkele, onvolledige skelet. Die dier was ’n reusagtige, vierpotige, vroeë souropode, met ’n gewig van tot sowat 12 ton, hoewel dit nog nie pilaarvormige pote ontwikkel het soos latere souropodes nie.[2]

Ledumahadi is Sesotho vir ’n "reusedonderslag teen dagbreek". Die navorsing oor die dinosourus is op 27 September 2018 aangekondig deur Wits-professor Jonah Choiniere, dr. Jennifer Botha-Brink van die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum in Bloemfontein en dr. Emese Bordy van die Universiteit van Kaapstad.[1]

Beskrywing[wysig | wysig bron]

L. mafube was die grootste landdier in die tyd toe dit gelewe het – dit was omtrent twee keer so groot soos ’n Afrika-olifant.[3] Die spesie was een van die eerste souropodes, wat die bekende Brontosaurus insluit. Alle souropodes was plantvretend en het op vier pote geloop. Hulle het ’n houding gehad soos dié van moderne olifante. [3]

Taksonomie[wysig | wysig bron]

Die filogenetiese ontleding van Ledumahadi lyk soos volg:[4]

Sauropodiformes

Mussaurus




Aardonyx



Sefapanosaurus




Melanorosauridae

Camelotia



Melanorosaurus





Sauropoda

Lessemsauridae

Antetonitrus




Ingentia



Lessemsaurus



Ledumahadi







Blikanasaurus




Gongxianosaurus




Pulanesaura



Gravisauria










Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]