Letgallies
Voorkoms
Letgallies latgalīšu volūda | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Letland Rusland | |
Gebied: | Baltiese lande | |
Totale sprekers: | 200 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Balties Oos-Balties Lets Letgallies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Letland (wettige status) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | ltg | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die term Letgallies kan na twee verskillende tale verwys:
- Die taal van die Letgalle in 'n deel van die huidige Letland. Letgallies het aan die oostelike groep van die Baltiese tale binne die Indo-Europese tale behoort. Histories het Lets ontwikkel uit Letgallies met invloede van ander tale, onder wie Koers en Semigallies.
- Deesdae word veral na die Letgalliese taal (latgalīšu volūda) verwys wat in Oos-Letland gepraat word; dit word soms as 'n outochtone taal van Letland beskou en soms as 'n dialek van Lets. Die moderne Letgallies het ontstaan as gevolg van die politieke afsondering van Letgallen van die res van Letland oor eeue heen. Dit word veral in Oos-Letland in die historiese streek Letgallen langs die grens met Rusland en oorkant die grens deur sowat 200 000 mense gepraat. Volgens die Letlandse grondwet geniet dit wettige status in dié land.[2]
Skryfstelsel
[wysig | wysig bron]A a [a] | Ā ā [ā] | B b [be] | C c [ce] | Č č [če] | D d [de] | E e [e] |
Ē ē [ē] | F f [ef] | G g [ge] | Ģ ģ [ģe] | H h [he] | I i [i] | Y y [y] |
Ī ī [ī] | J j [je] | K k [ka] | Ķ ķ [ķe] | L l [el] | Ļ ļ [eļ] | M m [em] |
N n [en] | Ņ ņ [eņ] | O o [o] | Ō ō [ō] | P p [pe] | R r [er] | S s [es] |
Š š [eš] | T t [te] | U u [u] | Ū ū [ū] | V v [ve] | Z z [ze] | Ž ž [že] |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Twenty-sixth edition, Latgalian". Ethnologue. Besoek op 9 Julie 2023.
- ↑ (en) "Official Language Law, Section 3 (Articles 3 and 4)". Parlement van die Republiek Letland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2014. Besoek op 4 Januarie 2014.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Letgallies.