Baltiese tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Baltiese tale
Geografiese
verspreiding:
Baltiese lande
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Baltiese tale
Onderafdelings:
Die geografiese verspreiding van Baltiese tale
Indo-Europees
Indo-Europese tale
Albanies | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies

Die Baltiese tale is 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie wat deur Baltiese volke in Noordoos-Europa gepraat word.

Groepe[wysig]

Die Baltiese tale word in twee hoofgroepe verdeel:

  • die Oos- of Sentraal-Baltiese tale met Litaus, Lets, die Lets-Koerse dialek van die Koerse Skoorwal, Selonies en Semgallies;
  • die Wes-Baltiese tale met Oud-Pruisies, Jatwingies, Galindies en Dniëpr-Balties.

Taalkundiges verskil nog oor die klassifisering van Koers; volgens 'n omstrede hipotese was dit oorspronklik 'n Wes-Baltiese taal wat onder sterk invloed van Oos-Baltiese tale gekom het en uiteindelik baie kenmerke met hulle gedeel het. Ander wetenskaplikes verwerp die konsep van Oos- en Wes-Baltiese subgroepe heeltemal.

Met die uitsondering van Litaus en Lets het alle Baltiese tale gedurende die 16de en 17de eeu uitgesterf. Tans word daar egter pogings onderneem om Oud-Pruisies te rekonstrueer en as gesproke taal te laat herleef. Die Lets-Koerse dialek op die Koerse Skoorwal word tans deur minder as tien mense as moedertaal gepraat en word met uitsterwing bedreig.

Die twee ander belangrike tale, wat in die Baltiese lande gepraat word (Estnies en Lyfs), maak as Fins-Oegriese tale nie deel uit van die Baltiese taalfamilie nie.


Indo-Europese tale: Satem-tale: Baltiese tale
Oos-Baltiese tale:
Lets | Litaus | Selonies † | Semigallies † | Samogities
Wes-Baltiese tale:
Koers | Oudpruisies † | Galindies † | Sudowies