Lobengoela
Lobengoela Khoemalo | |
---|---|
Koning van die Ndebele | |
Lobengoela Khoemalo | |
Dinastie | Huis van Khoemalo |
Bewind | September 1868 – Januarie 1894 |
Kroning | 1869 |
Volle naam | Lobengoela Khoemalo |
Gebore | omstreeks 1845 |
Matabeleland | |
Gesterf | vermoedelik Januarie 1894 |
omstreeks 70 km suid van die Zambezirivier in Matabeleland | |
Voorganger | Silkaats (vader) |
Opvolger | geen |
Gade | Lozigeji (1ste koningsvrou), Lomalongwe (2de koningsvrou) |
Vader | Mzilikazi Khoemalo, eerste koning van die Ndebeles |
Moeder | Prinses van die Huis van die Swazi's van Sobhoeza I, 'n mindere vrou van Mzilikazi |
Lobengoela Khoemalo (1845–1894) was die tweede en laaste koning van die Ndebele (ook bekend as die Matabeles). Hy was die seun van Silkaats, in ongeveer 1836 by 'n minderwaardige vrou gebore. As gevolg van Nkoeloemane se poging om die troon te bekom (sy ouer halfbroer, ook Kuruman genoem) is Lobengoela, die seun, byna deur sy vader doodgemaak. Hy word egter weggesmokkel.
In 1868 volg hy Silkaats op, beëindig 'n rebellie en bou sy stat by Goeboeloewajo, naby die huidige Bulawayo.
Ten spyte van heelwat barbaarse karaktertrekke, het Lobengoela tog ook oor goeie deugde beskik en was hy jagters, handelaars en ander blankes wat na sy kraal gekom het, baie goedgesind.
Na 'n besoek van eerwaarde J.S. Moffat het hy in 1886 'n ooreenkoms gesluit waarvolgens hy sekere regte aan die Britse owerhede toegestaan het. Dit word in 1888 gevolg met die vergunning van die beroemde Konsessie aan Charles Rudd.
Hy kom in botsing met die magte van die Chartered Company. Later probeer hy om sy gesag ten opsigte van die Masjonas te herstel, maar dit loop in 1893 uit op die Matebele-oorlog en hy word verslaan en uit sy stat verdryf.
Lobengoela is in 1894 iewers in die bosse langs die Zambezirivier oorlede.
Bronne
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- LOBENGULA IN A TRAP.; Not Believed that the Matabele King Can Escape. New York Times, 3 November 1893
- The sad story of Lobengula's children, Chakamwe Chakamwe, King Mzilikazi Day Commemorations (South Africa) - 2012
- The death of Mzilikazi and the arrival of the white man, Peter baxter