Mackenzierivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mackenzierivier
Die Mackenzierivier in Augustus 2009.
Die Mackenzierivier in Augustus 2009.
Mackenzierivermap.jpg
Die stroomgebied van die Mackenzierivier.
Oorsprong Groot Slawemeer, Fort Providence, Noordwestelike gebiede (Kanada)
Monding Noordwestelike gebiede, Kanada
Beaufortsee
Stroomgebied Noordwestelike gebiede (Kanada)
Lengte 1 738 km (1 080 myl)
Oorspronghoogte 156 m (512 voet)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 9 910 m³/s (349 968 ft³/s)[1]
Stroomgebiedopp. 1 805 200 km² (696 992 myl²)[2]
Kaart van die Mackenzierivier-bekken in Noord-Amerika.
Kaart van die Mackenzierivier-bekken in Noord-Amerika.
Satellietbeeld van die Mackenzierivier se delta

Die Mackenzierivier (Engels: Mackenzie River, Frans: Fleuve Mackenzie) is 'n groot noordwes-vloeiende rivier in Kanada. Die Mackenzierivier het 'n lengte van 1 738 km en is die langste rivier, wat net deur Kanada loop asook in die Arktiese Oseaan uitmond. Die rivier is genoem na die Skotse ontdekkingsreisiger Alexander Mackenzie, wie die rivier se monding op 14 Julie 1789 bereik het.

Die Mackenzierivier ontspring in die Groot Slawemeer in Kanada se Noordwestelike gebiede en loop in noordelike rigting net wes van die Groot Beremeer, voordat dit in 'n uitgestrekte delta in die Beaufortsee uitmond.[3] Die rivier se bekken is die grootste in Kanada en streek oor sowat 1 805 200 km², byna 20% van die land se oppervlakte en bykans so groot soos die eilandnasie Indonesië.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Whole Basin overview”. Mackenzie River Basin: State of the Aquatic Ecosystem Report 2003. pp. 15–56 Saskatchewan Watershed Authority. URL besoek op 10 Februarie 2015.
  2. 2,0 2,1 (en) Rivers”. The Atlas of Canada. Natural Resources Canada. URL besoek op 10 Februarie 2015.
  3. (en) ACME Mapper. NRCAN Topo Maps for Canada [map]. Cartography by Natural Resources Canada. Retrieved on 10 Februarie 2015.