Mana Pools
Voorkoms
Mana Pools Nasionale Park, Sapi en Chewore Safarigebied* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Sonsondergang in die Mana Pools Nasionale Park | |
Ligging van Mana Pools in Zimbabwe | |
Koördinate: 15°45′S 29°20′O / 15.750°S 29.333°O | |
Lande | Zimbabwe |
Tipe | Natuur |
Kriteria | vii, ix, x |
Verwysings | 302 |
Streek† | Suider-Afrika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1984 (8ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Mana Pools is 'n deel van die benedestroom van die Zambezirivier in Zimbabwe. Na elke reënseisoen verander die alluviale gebied (sedimentasie wat deur die rivier afgeset word) in groot mere. As hierdie mere stadig opdroog en kleiner word, lok die gebied talle groot diere (waaronder olifante, buffels, luiperds en jagluiperds) wat op soek is na water. Dit maak dit een van die beste plekke in Afrika om grootwild te sien.
Die woord mana beteken vier in die Shona-taal. Dit verwys na die vier groot permanente mere in hierdie gedeelte van die Zambezi.
In 1984 is Mana Pools, saam met die safarigebiede Sapi en Chewore, op Unesco se lys van wêrelderfenisgebiede geplaas.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mana Pools.
- Inligting op Unesco se webwerf