Mandinka
Voorkoms
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Mandinka (volk). Moenie verwar word met Dinka of Maninka nie.
Mandinka Mandinko, مَانْدِنْجَوْ, ߡߊ߲߬ߘߌ߲߬ߞߊ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Gambië Guinee Guinee-Bissau Liberië Senegal | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 2,1 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Mande Wes-Mande […] Manding Wes-Manding Mandinka | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet, Latynse alfabet, N'Ko-alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Senegal (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | mnk | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Mandinka (Mandinko, ߡߊ߲߬ߘߌ߲߬ߞߊ, مَانْدِنْجَوْ) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 2,1 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Mandinka-volk gepraat en is een van die belangrike tale in Senegal, naas die amptelike taal Frans. Mandinka is een van die nasionale tale van dié land.[2] Daarbenewens word Mandinka in die lande Gambië, Guinee, Guinee-Bissau en Liberië gepraat. Mandinka vorm saam met Bambara, Dyula en Maninka 'n dialekkontinuüm wat as Manding bekend staan. Afhangende van die gebied word Mandinka met die Arabiese, die Latynse of die N'Ko-alfabet geskryf; laasgenoemde is in 1949 deur Soulemayne Kante vir die dialekkontinuüm ontwerp en gebaseer op die Arabiese alfabet.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Mandinka". Ethnologue. Besoek op 29 April 2024.
- ↑ (en) "Senegal's Constitution of 2001 with Amendments through 2016" (PDF). Constitute Project. Besoek op 29 April 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mandinka.
- (en) "Mandinka (Mandi 'nka kango)". Omniglot. Besoek op 29 April 2024.